Een party kan nie dooiepunt oor BTW oplos nie

Network error while loading playlist url
Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê hulle sal hierdie week ʼn ooreenkoms uitwerk met al die partye wat saamstem om die begrotingdooiepunt te verbreek. Die ANC het met alle partye binne en buite die regering van nasionale eenheid beraadslaag om ʼn oplossing vir die dooiepunt te vind. Die BTW-verhoging is die grootste probleem. Mbalula het aan eNCA gesê die begrotingsdooiepunt kan nie meer net deur een party politieke opgelos word nie:
14 Apr 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Legendariese langasem van Afrika weer in Londense Marathon

Die marathon-legende Eliud Kipchoge sal môre na die Londense Marathon terugkeer nadat hy in 2020 laas deelgeneem het. Die 40-jarige Keniaan is 'n viermalige kampioen in die Britse hoofstad en tweemalige Olimpiese gouemedaljewenner, en mik om 'n rekord vyfde oorwinning te behaal. Kipchoge sal na 'n moeilike seisoen verlede jaar…
26 Apr 1AM 1 min

DA vra onafhanklike hersiening van BEE-raamwerk

Die DA sê hy het suksesvol gesorg vir 'n hersiening van die swart ekonomiese bemagtigingsraamwerk. Verslae wat deur die parlement se portefeuljekomitee oor handel, nywerheid en mededinging aangeneem is, beklemtoon kommer oor kaping deur die elite en die beperkte uitwerking van SEB op werkskepping. Toby Chance van die DA vra…
26 Apr 12AM 1 min

Kabinet erken AU se reparasies vir Afrikane-tema

Die Kabinet het die belangrikheid erken om nasionale aktiwiteite in lyn te bring met die AU se 2025-tema van die Jaar: Geregtigheid vir Afrikane en mense van Afrika-afkoms deur middel van reparasies. Alle kantore, ministeries en agentskappe is opdrag gegee om hierdie tema te integreer. Inligtingsminister Emma Theofelus het die…
25 Apr 12PM 1 min

Helikopter help met Tafelberg-veiligheid

SANParke het veiligheid in die Tafelberg Nasionale Park verskerp deur 'n helikopter van die Krugerwildtuin te ontplooi. Die lug-ondersteuning is deel van SANParke se veiligheid- en sekerheidstrategie wat see-, lug- en bergspanne insluit. JP Louw van SANParks sê die helikopter dien as sigbare afskrikmiddel en verseker vinnige reaksie op moontlike…
25 Apr 12PM 1 min

Presidentskantoor se begroting-toewysing in NV

Die begroting word steeds in die Nasionale Vergadering bespreek. Die wetsontwerp is nou in die komiteefase. Al die verskeie stemme en ontwikkelingsprojekte van die sektore word uiteengesit. Tydens vanoggend se sessie het die eerste minister, dr. Elijah Ngurare, die toewysing aan die presidentskantoor voorgelees. Die kantoor het meer befondsing ontvang…
25 Apr 11AM 1 min