
M23 vererger bestaande humanitêre krisis in DRK
--:--
Die Verenigde Nasies se Menseregtekantoor sê die veldtog wat Rwandees-gesteunde M23-rebelle in Januarie in die DRK begin het, vererger ʼn reeds haglike humanitêre krisis. Meer as 7 000 mense is in gevegte in die ooste van die DRK dood sedert M23-rebelle met hernude aanvalle begin het. Die VN se adjunk-hoëkommissaris vir menseregte, Nada Al-Nashif, sê enige planne vir volhoubare vrede moet die basiese oorsake van die konflik aanspreek: