
Diversifiseer, doen sake in Afrika, vra handelminister
--:--
Midde internasionale konsternasie ná die instelling van Amerikaanse president Donald Trump se invoertariewe, sê Namibië se nuwe minister van handel, Selma Ashipala-Musavyi, die land moet sake diversifiseer en sy voetspoor op die handelslandskap van Afrika vergroot waar dit kan meeding. Fokusareas moet landbou en mynbou insluit, asook hernubare energie en logistiek: