Trump laat SA betaal met 30% invoertariewe

--:--
President Donald Trump het algemene tariewe van tien-persent aangekondig op alle invoere na Amerika, en dit word Saterdag van krag. Sekere lande sal hoër tariewe moet betaal wat op Amerikaanse handelstekorte gebaseer is. Suid-Afrikaanse uitvoere is onder dié wat die ergste geraak word, met tariewe van 30-persent. Trump het Suid-Afrika uitgesonder in sy aankondiging.
3 Apr 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Leerders se eksamen registrasie-datum kan nie verleng word nie

Vetaruhe Kandorozu, 'n Nudo-parlementslid, het in die Nasionale Vergadering onderwysminister Sanet Steenkamp gevra of haar ministerie dit oorweeg om die registrasietydperk vir die jaar eindeksamens te verleng. Dit kom nadat heelwat leerders die registrasie-sperdatum op 28 Februarie misgeloop het. Volgens Kandorozu kon baie van hulle nie die registrasiefooi bekostig nie…
16 Apr 3AM 1 min

China moet ons nader - Withuis

Die Withuis sê ongeveer 15 lande is tans besig met handelsooreenkomste rakende president Donald Trump se tariewe maar het nie die lys van lande bekend gemaak nie. China, wat 145 persent tariewe moet hanteer, is nie op die lys nie en die perssekretaris van die Withuis Karoline Leavitt, sal die…
16 Apr 3AM 1 min

Vasteland moet medisyne vervaardig

Die Suid-Afrikaanse handelsdepartement het beklemtoon hoe belangrik dit is vir Afrika om sy eie medisyne te vervaardig. Die departement se hoofdirekteur van Nywerheidsverkryging, Tebogo Makube, het op die G20-hoëvlak ministeriële dialoog gepraat oor die versterking van streekswaardekettings in die Afrika-mark, met hindernisse in handel wat uit die weg geruim moet…
16 Apr 2AM 1 min

Biden vaar uit teen Trump-administrasie

Oudpresident Joe Biden sê in minder as 100 dae het sy opvolger, Donald Trump, se administrasie groot skade aangerig. Hy het gister die nasionale konferensie van advokate, raadslede en verteenwoordigers vir gestremdes in Chicago bygewoon. Dit was sy eerste toespraak sedert hy nie meer president is nie. Biden kritiseer die…
16 Apr 1AM 1 min