Leerders se eksamen registrasie-datum kan nie verleng word nie

--:--
Vetaruhe Kandorozu, 'n Nudo-parlementslid, het in die Nasionale Vergadering onderwysminister Sanet Steenkamp gevra of haar ministerie dit oorweeg om die registrasietydperk vir die jaar eindeksamens te verleng. Dit kom nadat heelwat leerders die registrasie-sperdatum op 28 Februarie misgeloop het. Volgens Kandorozu kon baie van hulle nie die registrasiefooi bekostig nie. Steenkamp het verduidelik hoekom dit nie moontlik is nie.
16 Apr 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Lewendehawe Produkteraad doen weg met kontant

Die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad het aangekondig dat hulle kontantlose transaksies in hul bedrywighede gaan implementeer vanaf 1 Junie. Kliënte word aangemoedig om debiet- en kredietkaarte te gebruik, asook EFT-betalings te maak. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Anja Boshoff, die vleisstandaarde bestuurder by die raad.
25 Apr 10AM 1 min

Brandstofpryse bly dieselfde in Mei

Die energieministerie het aangekondig dat die brandstofpryse onveranderd sal bly in Mei. Petrol sal dus steeds 20 dollar 67 sent per liter aan die kus kos, terwyl diesel 50 dpm 20 dollar 62 sent sal kos en diesel 10 dpm, 20 dollar 72 sent. Die ministerie se woordvoerder, Anna Salkeus…
25 Apr 10AM 1 min

Ekoloog kap Afrika-energiekamer oor 'Drill, baby, drill'

By die Internasionale Energiekonferensie het die voorsitter van die Afrika-energiekamer, NJ Ayuk, Namibië aangespoor om sy olie- en gasbronne ten volle te benut, ten spyte van wêreldwye oproepe vir 'n groenekonomie. Ayuk het Donald Trump se slagspreuk "Drill, baby, drill" herhaal en gesê die land moet alle energiebronne gebruik om…
25 Apr 10AM 1 min

Borgskap aan Okahandja-dorpsraad dalk onttrek oor Maasdorp-betoging

Ants Mobile Billboards, 'n maatskappy gebaseer in Okahandja, het gedreig om sy eenmalige borgskap vir buitelug-advertensies aan die plaaslike dorpsraad te onttrek indien dit voortgaan om 'n beplande demonstrasie wat geregtigheid vir Ingrid Maasdorp eis, te blokkeer. Die maatskappy het belowe om die protes te ondersteun deur 500 plakkate aan…
25 Apr 10AM 1 min