Biden vaar uit teen Trump-administrasie

--:--
Oudpresident Joe Biden sê in minder as 100 dae het sy opvolger, Donald Trump, se administrasie groot skade aangerig. Hy het gister die nasionale konferensie van advokate, raadslede en verteenwoordigers vir gestremdes in Chicago bygewoon. Dit was sy eerste toespraak sedert hy nie meer president is nie. Biden kritiseer die huidige administrasie se poging om Maatskaplike Sekerheid te besnoei en sê die skade wat die Withuis aan die program veroorsaak, is vernietigend. Meer as 70-miljoen Amerikaners maak maandeliks op die toelae staat:
16 Apr 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Powell is gewoond aan politieke druk - Lagarde

Die president van die Europese Sentrale Bank, Christine Lagarde, sê sy hoop nie president Donald Trump van Amerika gaan die voorsitter van die Federale Reserwe, Jerome Powell, afdank nie. Trump het Powell in sy eerste termyn aangestel. Hy plaas druk op Powell om rentekoerse te verlaag en waarsku die Amerikaanse…
23 Apr 1AM 1 min

VF+ sê oor Kleinfontein se Afrikaner-gemeenskap

Die Vryheidsfront Plus sê die MK-party se besoek aan Kleinfontein naby Pretoria plaas weer die kollig op kultuurgemeenskappe en hul reg op bestaan in Suid-Afrika. Die Hooggeregshof in Pretoria het die wit, Afrikaanse dorpie verlede jaar onwettig verklaar op grond van die Stad Tshwane se munisipale soneringsregulasies. Jaco Mulder van…
23 Apr 1AM 1 min

Safland se sentrums vorder in Lüderitz, Goreangab

Die Safland Property Group is besig met 'n winkelsentrum in Lüderitz. One Africa het met die groep se uitvoerende hoof, Kallie van der Merwe, gesels. Hy het meer planne uiteengesit vir die kusdorp maar, het ook oor hulle ontwikkeling by Goreangab gesels. Die sentrum sal na verwagting volgende jaar Mei…
23 Apr 1AM 1 min

Nujoma moet lewensvatbaarheid oorweeg voor hy beloftes maak

Die voormalige uitvoerende hoof van die Nasionale Behuisingsonderneming, Mike Kavekotora, waarsku dat die regering se plan om binne 'n jaar 5 000 huise in Khomas te bou, die risiko loop om vorige mislukkings te herhaal as dit swak beplan word. Hy het 'n gebrek aan duidelike implementeringsbesonderhede gekritiseer en president…
23 Apr 12AM 1 min

Sensus vir inkomstes en uitgawes begin eers volgende week

Die Namibiese Statistiekagentskap se 2025/26-hoofopname van huishoudelike inkomste en uitgawes wat op 20 Maart sou begin, gaan nou eers volgende week afskop. Dit sal armoede-aanwysers, gesondheid en onderwys insluit, asook Namibiërs se totale en gemiddelde inkomste bepaal. Die Namibiese Statistiekagentskap sal die opname hierdie week loods. Kosmos 94.1 Nuus het…
23 Apr 12AM 1 min