Woord vir Vandag - 4 April 2025

Loading player...
1 Korintiërs 16:1 NLV
Wat die Bybel ons oor geld leer (5)
Toe ‘n resessie Jerusalem tref, het Paulus vir die gelowiges in Korinte gevra om geld te skenk om aan hierdie behoefte te voldoen: ‘Wat die geld betref wat ons vir die gelowiges in Jerusalem insamel, moet julle dieselfde reëling volg wat ek met die gemeentes in Galasië getref het. Op elke Dag van die Here, moet elkeen van julle na vermoë tuis iets opsy sit en dit spaar sodat daar nie eers insamelings plaasvind wanneer ek kom nie. Wanneer ek kom, sal ek die persone waarop julle besluit, met aanbevelingsbriewe stuur om julle gawe in Jerusalem af te lewer’ (verse 1-3 NLV).
‘n Gesonde kerk sal altyd twee dinge hê: insameling en uitreiking. Dit sal streef om aan beide die geestelike en die materiële behoeftes van mense te voldoen. God het vir sy mense in die Ou Testament gesê: ‘As daar… ‘n arm Israeliet is, een van jou broers, moenie ongevoelig wees en jou hand vir hom toehou nie’ (Deuteronomium 15:7 NLV). Wanneer jy ‘n ware ontmoeting met Christus het, sal jou hart vir mense wat seer het, sag word. ‘Saggeus het opgestaan en vir die Here gesê: ‘Here, ek gaan die helfte van my besittings aan die armes gee, en as ek iets van iemand met ‘n slenter bekom het, gee ek dit vierdubbel terug.’ Jesus sê toe vir hom: ‘Vandag het daar verlossing vir hierdie huis gekom...’’ (Lukas 19:8-9 NLV). Die Bybel stel voor dat ons as basis 10 persent van ons inkomste as gawes
aan God moet gee (sien Maleagi 3:10). Vir meer as dit moet jy deur jou liefde vir God gelei word: ‘Elkeen moet gee soos hy in sy hart besluit het, nie uit spyt of dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief’ (2 Korintiërs 9:7 NLV).
3 Apr 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min