Woord vir Vandag - 3 April 2025

Loading player...
Deuteronomium 16:17 NLV
Wat die Bybel ons oor geld leer (4)
Wanneer dit by gee kom, is daar twee belangrike lesse wat die Bybel ons oor geld leer: 1) God verwag nie van ons om almal dieselfde bedrag te gee nie. ‘Elkeen moet na sy vermoë gee ooreenkomstig die seën wat hy van die Here
jou God ontvang het’ (vers 17 NLV). Paulus skryf: ‘As die geesdrif daar is en julle gee volgens wat hulle het, is die gawe aanneemlik. Julle hoef nie meer as dit te gee nie’ (2 Korintiërs 8:12 NLV). 2) God sal jou vra om opofferings te maak om sy doelwitte vir sy koninkryk op aarde, te vervul. Om die oordeel van God wat hy oor die volk laat kom het, om te keer, is koning Dawid beveel om ‘…’n altaar vir die Here op die dorsvloer van Arauna die Jebusiet’ (2 Samuel 24:18 NLV), te gaan bou. Toe Arauna vir Dawid sien aankom, het hy vir hom die land verniet aangebied. Dawid het egter gesê: ‘…’Nee, Arauna, ek dring daarop aan om dit te koop teen die volle prys. Ek kan nie vir die Here my God brandoffers aanbied wat my niks kos nie.’ Dawid het toe die dorsvloer en die osse vir omtrent 600 gram silwer gekoop. Dawid het daar ‘n altaar opgerig tot eer van die Here en brandoffers en maaltydoffers gebring. Daarna het die Here die gebede vir die land verhoor, en die plaag in Israel het opgehou’ (verse 24-25 NLV). God vra ons nie om dieselfde hoeveelheid te gee nie, maar Hy vra ons om dieselfde op te offer. Vir elke opoffering wat God jou vra om vir Hom te maak, wag sy seëninge en sy belonings aan die ander kant daarvan op jou.
2 Apr 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min