Finse president sê Putin frustreer vir Trump

--:--
Die Finse president Alexander Stubb is op ‘n werksbesoek in Brittanje en het verskeie vergaderings gehad. Hy het ook met Britse premier Keir Starmer ontmoet. Stubbs sê Brittanje is terug as magtige rolspeler in Europa, veral met ondersteuning aan die Oekraïne.
1 Apr 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NamRA oorskry invorderingsteiken, behaal amper 104%

NamRA het daarin geslaag om amper 104 persent van sy geteikende inkomste in die boekjaar wat op 31 Maart geëindig het, in te samel. Die agentskap het 88,6 miljard Namibiese dollar ingevorder, 11 miljard dollar meer as in die vorige boekjaar. Kommissaris Sam Shivute het meer.
8 Apr 6AM 1 min

Tariewe: Starmer sê dis tyd vir koel koppe

Die Britse eerste minister, Keir Starmer, sê sy regering sal veg om ʼn ekonomiese vennootskap met Amerika te verseker, terwyl hy ook probeer om handelsbeperkings met belangrike vennote wêreldwyd te verlaag. Dit volg ná president Donald Trump se omvattende wêreldwye tariewe. Starmer sê die Verenigde Koninkryk sal slegs ʼn ooreenkoms…
8 Apr 6AM 1 min

NNN: Ontleder sê hy stel nie belang in geslag nie, maar bevoegdheid

Die kabinet van president Netumbo Nandi-Ndaitwah maak steeds opslae, veral oor die hoë getal vroue in die regering. Die president het met Al Jazeera ‘n onderhoud gevoer as die land se eerste vroue-president. Rui Tyitende, ‘n politieke ontleder, sê aan Henock TV dat hy meer belangstel in die bevoegdheid van…
8 Apr 6AM 1 min

Outjo-veediefstal kring uit, NamPol vergader môre met boere

Stropery ruk handuit in die Outjo-distrik. Owerhede sê verdere ondersoek na Donderdag se stropery van 31 bees toon dat daar 51 diere gesteel en geslag is, wat die beraamde waarde op 600 000 Namibiese dollar te staan bring, dit sonder die oorskot van wild wat op die perseel gevind is…
8 Apr 6AM 1 min