
Tariewe: Starmer sê dis tyd vir koel koppe
--:--
Die Britse eerste minister, Keir Starmer, sê sy regering sal veg om ʼn ekonomiese vennootskap met Amerika te verseker, terwyl hy ook probeer om handelsbeperkings met belangrike vennote wêreldwyd te verlaag. Dit volg ná president Donald Trump se omvattende wêreldwye tariewe. Starmer sê die Verenigde Koninkryk sal slegs ʼn ooreenkoms met Amerika aangaan indien dit in die land se nasionale belang is. Hy sê dis tyd vir koel koppe en dringende optrede omdat niemand ʼn handelsoorlog wen nie: