
Outjo-veediefstal kring uit, NamPol vergader môre met boere
--:--
Stropery ruk handuit in die Outjo-distrik. Owerhede sê verdere ondersoek na Donderdag se stropery van 31 bees toon dat daar 51 diere gesteel en geslag is, wat die beraamde waarde op 600 000 Namibiese dollar te staan bring, dit sonder die oorskot van wild wat op die perseel gevind is. Dit kom na die voorval van 58 diere naby Otjikondo, en toe weer 16. Die bevelvoerder van die Kunene-streek, kommissaris James Nderura het ‘n vergadering môre om tien by die Outjo-gemeenskapsaal byeengeroep.