Butch en Suni sê hulle het nie vasgekeer gevoel nie

--:--
Die NASA-ruimtevaarders wat op die Internasionale Ruimtestasie gestrand was, sê dit was vreemd om weer by die lewe op Aarde aan te pas. Butch Wilmore en Suni Williams se sending na die ruimtestasie sou agt dae duur, maar hulle moes uiteindelik nege maande bly nadat hulle Boeing Starliner tegniese probleme ontwikkel het. Hulle het uiteindelik op 19 Maart met die SpaceX Dragon teruggekeer Aarde toe. Williams het gister die eerste keer met die media gepraat en sê hulle het nooit gevoel hulle is in die ruimte vasgekeer nie:
1 Apr 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Aanvullende kieser-registrasie in 5 kiesafdelings op pad

Die Namibiese Verkiesingskommissie sal aanvullende kieser-registrasie vir die tussenverkiesing in vyf kiesafdelings doen. Dit is vir kiesers om te stem vir nuwe streeksraadslede na die ander reeds hul amp in die Nasionale Vergadering beklee het. Kosmos 94.1 Nuus het met De Wet Siluka, die woordvoerder van die kommissie, gesels. Die…
7 Apr 8AM 1 min

Alcaraz tevrede met sy spel aan begin van die Europese kleibaanseisoen

Tennis: Die viermalige Grand Slam-kampioen, Carlos Alcaraz, is tevrede met die manier waarop hy tot dusver die seisoen speel. Dit is ondanks die Spanjaard se nederlaag in die halfeindronde van die Indian Wells Ope, en nadat hy onverwags in die eerste ronde van die Miami Ope uitgeskakel is. Die eerste…
7 Apr 8AM 1 min

Weermag staan vloegeteisterde Oshana by

Die weermag se helikopters is in die Oshana-streek ontplooi na efundja groot skade aangerig het en verskeie gebiede heeltemal afgesny het en paaie beskadig het. Vyf kiesafdelings word geraak. Die streeksgoewerneur Elia Irimari sê bystand word gebied en die rampbestuursreaksie is verskerp.
7 Apr 6AM 1 min

Dis onwaarskynlik dat BTW-verhoging geskrap sal word - Cyril

President Cyril Ramaphosa het daarop gesinspeel dat dit onwaarskynlik is dat die Tesourie 'n manier sal vind om die BTW-verhoging te skrap. Die begroting is verlede week in die Parlement goedgekeur met 'n nie-bindende aanbeveling vir die Tesourie om oor 30 dae alternatiewe te vind vir die BTW-verhoging en nie-aanpassing…
7 Apr 6AM 1 min

Verdagte in Usakos-massamoord is 17

Die polisie op Usakos het ‘n 17-jarige seun van moord aangekla na die grumoorde Saterdag in die Hakhaseb-informele nedersetting op die dorp. Die verdagte het na bewering in die vroeë oggendure van Saterdag ses mense met ‘n byl en knopkierie geslaan en hul liggame daarna aan die brand gesteek. Die…
7 Apr 6AM 1 min