
Dis onwaarskynlik dat BTW-verhoging geskrap sal word - Cyril
--:--
President Cyril Ramaphosa het daarop gesinspeel dat dit onwaarskynlik is dat die Tesourie 'n manier sal vind om die BTW-verhoging te skrap. Die begroting is verlede week in die Parlement goedgekeur met 'n nie-bindende aanbeveling vir die Tesourie om oor 30 dae alternatiewe te vind vir die BTW-verhoging en nie-aanpassing van belastingskale. Ramaphosa het gister by 'n ANC-geleentheid in Soweto gesê alle opsies word oorweeg: