
Aanvullende kieser-registrasie in 5 kiesafdelings op pad
--:--
Die Namibiese Verkiesingskommissie sal aanvullende kieser-registrasie vir die tussenverkiesing in vyf kiesafdelings doen. Dit is vir kiesers om te stem vir nuwe streeksraadslede na die ander reeds hul amp in die Nasionale Vergadering beklee het. Kosmos 94.1 Nuus het met De Wet Siluka, die woordvoerder van die kommissie, gesels. Die tydperk sal van 10 tot 12 April wees.