
Verdagte in Usakos-massamoord is 17
--:--
Die polisie op Usakos het ‘n 17-jarige seun van moord aangekla na die grumoorde Saterdag in die Hakhaseb-informele nedersetting op die dorp. Die verdagte het na bewering in die vroeë oggendure van Saterdag ses mense met ‘n byl en knopkierie geslaan en hul liggame daarna aan die brand gesteek. Die oorledenes is ‘n 90-jarige vrou, vier van haar kleinkinders tussen drie en ses jaar oud, en haar 18-jarige kleindogter. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie van die aktivis Ethne Mudge gekry oor wat moontlik tot die aanval aanleiding kon gee: