Mark manipulasie: Trump het belangriker goed om aan te dink

Loading player...
Die sogenaamde Wolf of Wall Street, Jordan Belfort, het met SkyNews gepraat oor aantygings dat president Donald Trump die mark gemanipuleer het met sy aankondiging dat dit ‘n goeie tyd is om te koop terwyl die markte getuimel het oor sy tariewe en vier ure daarna die 90-dag opheffing daarvan aangekondig het. Belfort, wat self skuldig bevind is aan misdade wat verband hou met mark manipulasie sê Trump het belangriker goed om aan te dink.
11 Apr 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ngurare: Verwerk minerale plaaslik

Die Opuwo jaarlikse handelskou vind hierdie week plaas, met die tema "Bemagtig die plaaslike ekonomie deur volhoubare innovasie in groenwaterstof, olie en gas, bewaarareas vir toerisme, en mynbou". Eerste minister Elijah Ngurare het tydens die opening die belangrikheid van mynbou onderstreep en aangedui dat gesprekke oor 'n mineraal-verwerkingsaanleg sal begin.
28 May 4AM 1 min

Liverpool-jaer van poging tot moord aangekla

Die polisie sê die 53-jarige man wat Maandag in Liverpool, Engeland, in ʼn skare ingeploeg het, is weens poging tot moord, roekelose bestuur en bestuur onder die invloed van dwelms vasgetrek. Duisende mense was in die stad se strate vir Liverpool se Premierliga-parade toe die voorval plaasvind. Meer as 50…
28 May 3AM 1 min

Waghond veroordeel xenofobie in Oos-Kaap

Die Suider-Afrikaanse Netwerk vir Immigrante en Vlugtelinge het die onlangse xenofobiese geweld in Addo, in die Oos-Kaap, waar drie buitelandse burgers in vermeende wraakaanvalle dood is na die dood van 'n plaaslike jong man, sterk veroordeel. Claude Kayitare van die organisasie sê meer as 430 mense is ontheem en meer…
28 May 2AM 1 min

Ovaherero-, Nama-gemeenskappe boikot herdenking van volksmoord

Vandag word die volksmoord van 1904 tot 1908 amptelik in Namibië herdenk. Die Ovaherero- en Nama-gemeenskappe verwerp egter 28 Mei as Volksmoord Herdenkingsdag, en sê dit is histories onakkuraat en sonder hul insette ingestel. Hulle verkies 2 Oktober en 12 April, waarop die volksmoordbevele uitgereik is. Die amptelike herdenking vind…
28 May 1AM 1 min

SA herstel handelsverhouding met VSA

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika het sy handelsverhoudings met die VSA suksesvol herstel ná 'n hoëvlakbesoek aan Washington verlede week. In antwoord op 'n parlementêre vraag het hy bevestig dat besprekings oor heffings en beleggings hervat is en dat die VSA se deelname aan die komende G20-beraad in November uiters…
28 May 12AM 1 min