Woord vir Vandag - 2 April 2025

Loading player...
Job 1:21 NLV
Wat die Bybel ons oor geld leer (3)
Job het die volgende oor sy groot rykdom gesê: ‘…Naak het ek uit my ma se skoot gekom, en naak sal ek weer van alles gestroop wees die dag wanneer ek doodgaan…’ Job het verstaan dat ons almal met leë hande die lewe binnekom en met leë hande die lewe verlaat. Die enigste ding wat ons saam met ons kan neem, is dit wat ons vooruit gestuur het. Jesus sê die volgende daaroor: ‘Moenie vir julle hier op aarde skatte bymekaarmaak waar motte en roes dit wegvreet en diewe inbreek en roof nie. Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar waar geen mot en roes dit sal kan bykom nie, en waar diewe nooit sal kan inbreek en roof nie. Onthou, waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees’ (Matteus 6:19-21 NLV). Jesus se gehoor sou rykdom en skatte as klere, kos en geld gesien het. Ryk mense het die beste klere gedra, maar motte kon gate daarin vreet. Ryk mense het die beste kos geëet, maar rotte en wurms kon dit opvreet. Ryk mense het silwer en goud besit, maar aangesien daar geen banke was nie, het hulle hul geld in hulle huise bewaar. Die huise was egter van klei gebou en diewe kon gemaklik deur die muur breek en dit steel. Dus het Jesus gesê: ‘Moenie jou skat bêre waar dit beskadig, verrot of gesteel kan word nie.’ ‘n Pastoor skryf: ‘Jesus wil nie jou geld hê nie. Dis reeds syne. Jesus wil jou hart hê. Aangesien jou hart egter altyd jou geld volg, wil Hy hê dat jy jou geld, jou rykdom en jou besittings aan Hom moet oorgee.’ Wanneer jy dit doen, belê jy in die ewigheid.
1 Apr 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min