Woord vir Vandag - 1 April 2025

Loading player...
Deuteronomium 8:18 NLV
Wat die Bybel ons oor geld leer (2)
Nadat hulle vierhonderd jaar as slawe geleef het, was die Israeliete op die punt om die Beloofde Land in te neem. God was egter besorg – dieselfde besorgdheid wat Hy oor elkeen van ons het. Wanneer jy min het, besef jy hoe afhanklik jy van God is. Wanneer jy egter baie het, is mens geneig om God, die bron van elke seëning, te vergeet. Let op wat Dawid gesê het toe God se mense oorvloedig gegee het om die tempel te bou: ‘…Alles wat ons het, kom van U af, en ons gee vir U net dit wat U reeds vir ons gegee het!.. selfs hierdie boumateriaal wat ons ingesamel het om ‘n tempel te bou om u heilige Naam te eer, kom van U af. Dit behoort alles aan U!’ (1 Kronieke 29:14, 16 NLV). Die gebed wat Dawid daardie dag gebid het, het ‘n blywende indruk op sy seun Salomo gemaak, wat later geskryf het: ‘En as God aan mense rykdom en besittings gee, en die vermoë om dit te geniet, is dit ook ‘n geskenk uit sy hand’ (Prediker 5:18 NLV). Jy sê: ‘Ek het hard gewerk om bo in my beroep uit te kom,’ of ‘Ek het hard gewerk om hierdie besigheid op te bou.’ Wie het vir jou die krag daarvoor gegee? Wie het vir jou die talente gegee? As jy dink dat jy dit alles self behaal het, lees die volgende Skrifgedeelte, skryf dit neer en dra dit met jou saam: ‘Nou sê die Here, jou Redder, die Heilige van Israel: ‘Ek is die Here jou God wat jou leer wat vir jou reg is. Ek lei jou op die pad waarop jy moet loop’’ (Jesaja 48:17 NLV)
31 Mar 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min