Woord vir Vandag - 31 Mrt 2025
--:--
“Die silwer en die goud behoort aan My, sê die magtige Here.” Haggai 2:8 NLV
Wat die Bybel ons oor geld leer (1)
God besit alles. As jy daaroor twyfel, lees hierdie Skrifgedeeltes: ‘Die silwer en die goud behoort aan My, sê die magtige Here.’ ‘Die aarde behoort aan die Here, met alles wat daarop is, die wêreld en alles wat daarop lewe’ (Psalm 24:1 NLV). ‘Van Bo af kom net goeie, ja, volmaakte gawes. Hulle kom van die Vader wat die hemelligte geskep het…’ (Jakobus 1:17 NLV). ‘Rykdom en eer kom van U alleen, want U heers oor alles. Krag en mag is in u hand, om te verhoog en te versterk’ (1 Kronieke 29:12 NLV). Wat beteken hierdie Skrifgedeeltes? Dit beteken dat die bankrekening, die aandeleportefeulje of die titelakte van die eiendom dalk in jou naam mag wees, maar dat God dit alles besit. Jy vra: ‘Wat is my rol dan?’ Jy is die administrateur van God se boedel en die eksekuteur van sy testament. Kan ‘n administrateur met iemand se boedel maak soos hy of sy wil? Nee, daar word van hulle verwag om dit namens iemand anders te bestuur. Kan die eksekuteur met iemand se laaste testament maak soos hy of sy wil? Nee, daar word van hulle verwag om die instruksies wat in daardie testament gegee word, te volg. As jy die instruksies van God se testament vir jou lewe wil weet, kan jy dit in sy Woord vind. Hoe meer God egter aan jou toevertrou, hoe meer vereis Hy van jou. Jesus het gesê: ‘…Baie word verwag van hulle aan wie baie gegee is, en nog soveel meer word vereis van hulle aan wie soveel meer gegee is’ (Lukas 12:48 NLV).