Woord vir Vandag - 31 Mrt 2025

Loading player...
“Die silwer en die goud behoort aan My, sê die magtige Here.” Haggai 2:8 NLV
Wat die Bybel ons oor geld leer (1)
God besit alles. As jy daaroor twyfel, lees hierdie Skrifgedeeltes: ‘Die silwer en die goud behoort aan My, sê die magtige Here.’ ‘Die aarde behoort aan die Here, met alles wat daarop is, die wêreld en alles wat daarop lewe’ (Psalm 24:1 NLV). ‘Van Bo af kom net goeie, ja, volmaakte gawes. Hulle kom van die Vader wat die hemelligte geskep het…’ (Jakobus 1:17 NLV). ‘Rykdom en eer kom van U alleen, want U heers oor alles. Krag en mag is in u hand, om te verhoog en te versterk’ (1 Kronieke 29:12 NLV). Wat beteken hierdie Skrifgedeeltes? Dit beteken dat die bankrekening, die aandeleportefeulje of die titelakte van die eiendom dalk in jou naam mag wees, maar dat God dit alles besit. Jy vra: ‘Wat is my rol dan?’ Jy is die administrateur van God se boedel en die eksekuteur van sy testament. Kan ‘n administrateur met iemand se boedel maak soos hy of sy wil? Nee, daar word van hulle verwag om dit namens iemand anders te bestuur. Kan die eksekuteur met iemand se laaste testament maak soos hy of sy wil? Nee, daar word van hulle verwag om die instruksies wat in daardie testament gegee word, te volg. As jy die instruksies van God se testament vir jou lewe wil weet, kan jy dit in sy Woord vind. Hoe meer God egter aan jou toevertrou, hoe meer vereis Hy van jou. Jesus het gesê: ‘…Baie word verwag van hulle aan wie baie gegee is, en nog soveel meer word vereis van hulle aan wie soveel meer gegee is’ (Lukas 12:48 NLV).
30 Mar 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min