Woord vir Vandag - 30 Mrt 2025

Loading player...
“…In die nag vloei die trane, maar in die oggend is daar vreugde.” Psalm 30:6 NLV
Maak jy jou kinders alleen groot?
Een huwelikskenner sê dat ‘n enkelma hom ‘n verhaal gestuur het wat die eensaamheid en stres wat enkelouers ervaar, help verduidelik het. Sy het gesê sy het een dag by haar venster uitgekyk hoe die reën val en ‘n voëltjie met haar kroos kuikens in ‘n nes gesien sit het. Terwyl die reën uitgesak het, het die moedervoël haar tjirpende kuikentjies met haar uitgestrekte vlerke bedek. Toe begin die hael val. In plaas daarvan om haar kop veilig in die nes te steek, het die voëltjie haar kop opwaarts gelig en die houe geneem om haar kleintjies te beskerm. Al die kuikens het dit veilig deur die storm gemaak. Dis ‘n grafiese illustrasie van die gevare van enkelouerskap! Die verantwoordelikheid om kinders alleen groot te maak is onverbiddelik en vereis dat ‘n ma of pa ‘n bestaan maak, kook, skoonmaak, toesig hou oor huiswerk, vir siek kinders sorg, ensovoorts. Buiten hierdie daaglikse pligte moet hulle ook uitvind hoe om in hul eie persoonlike en geestelike behoeftes te voorsien. In konteks gesien is dit dalk een van die moeilikste opdragte op aarde. Enkelouers, hetsy ma’s of pa’s, het ons volgehoue ondersteuning en gebede nodig. Aan diegene wat die houe namens hul kinders vat, wees verseker dat beter dae op pad is. Die storm waarin jy jou bevind sal nie vir ewig duur nie. ‘n Pragtige reënboog sal binnekort verskyn. Wanneer die werk afgehandel is en ‘n kroos gesonde voëltjies groot is, sal daar lieflike voordele vir die ouers wat nie wegvlieg nie, wees. God se Woord beloof: ‘…In die nag vloei die trane, maar in die oggend is daar vreugde.’
29 Mar 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min