Woord vir Vandag - 29 Mrt 2025

Loading player...
“As julle heelhartig na My soek, sal julle My vind.” Jeremia 29:13 NLV
Soek God
God gee ons opdrag om Hom te soek, maar dis nie asof Hy vir ons wegkruip nie. Wanneer ons God soek, maak ons ‘n besluit wat nodig is om ons in die geestelike ryk te bring. Sommige vlakke van seën word nooit ontvang tensy daar ywerig na hulle gesoek word nie. Dis jou soeke na God wat Hom beweeg om te reageer. ‘As jy nie glo nie, is dit onmoontlik om God tevrede te stel. Wie tot God wil nader, moet glo dat Hy werklik dáár is en dat Hy dié wat na Hom soek, daadwerklik beloon’ (Hebreërs 11:6 NLV). Daar is geen handleiding wat ons stap vir stap vertel wat die regte manier is om die Here te soek nie. Sommige mense soek Hom stilweg, met trane wat oor ‘n moeë gesig loop. Ander soek Hom terwyl hulle op die strand stap en na die golwende gety staar. Sommige mense hef hulle hande op en loof Hom met liefdevolle uitdrukkings van aanbidding. Daar is nie reëls nie, jy moet Hom net met jou hele hart soek. Wat beteken dit om God heelhartig te soek? Dit beteken dat jy Hom jou volle aandag gee deur afleidings uit die weg te ruim, sodat jy op Hom kan fokus. Verbeel jouself jy laat val ‘n kontaklens of ‘n kosbare steen uit ‘n ring en sê: ‘Ag, ek sal dit later soek.’ Nee, die waarde wat jy op iets plaas bepaal die intensiteit waarmee jy daarna soek. Wanneer jy bid: ‘Here, ek het U nodig; ek gaan dit nie sonder U maak nie,’ bid jy heelhartig. God beantwoord sulke gebede: ‘As julle met alles in julle na My soek, sal julle by My uitkom…’ (Jeremia 29:13 DB).
28 Mar 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min