Woord vir Vandag - 26 Mrt 2025

Loading player...
“Geesdrif sonder kennis help niks. Oorhaastigheid stuur jou in die verkeerde koers.” Spreuke 19:2 NLV
Word deur wysheid gelei
As jy impulsief is, neig jy om ‘n tekort aan dissipline te hê. Jy kan onnadenkend of onsensitief teenoor ander wees. Jy mag dit dalk moeilik vind wanneer jy nie onmiddellike bevrediging kry nie. Jy het ‘n lae verdraagsaamheid teenoor frustrasie. Jy raak maklik verveeld. Jy kan vinnig op jou perdjie spring. Indien dit jou beskryf, is hier ses beginsels wat jy in jou lewe moet probeer inkorporeer: 1) Vra raad by wyse vriende voor jy met ‘n idee voortgaan. ‘’n Mens met insig kry steeds meer kennis. Wyse mense hou altyd hulle ore oop vir nog meer kennis’ (Spreuke 18:15 NLV). 2) Bou vriendskappe met mense wat nie net wys is nie, maar ook sterk genoeg is om jou verantwoordbaar te hou. ‘Daarom moet julle julle sondes teenoor mekaar bely en vir mekaar bid sodat julle gesond kan word…’ (Jakobus 5:16 NLV). 3) Neem tyd om oor ‘n potensiële oop deur te bid, moenie aanneem dat jou intuïsie ‘n goddelike opdrag is nie. ‘…Hy wys vir sondaars die regte pad. Hy lei die nederiges op die regte weg, en vir dié wat beskeie is, leer Hy sy pad’ (Psalm 25:8-9 NLV). 4) Bestudeer en lees op oor ‘n area voordat jy tot aksie oorgaan. ‘’n Dwaas glo alles wat hy hoor. ‘n Verstandige mens oorweeg elke tree wat hy gee’ (Spreuke 14:15 NLV). 5) Wanneer jy aan die einde van ‘n seisoen van aktiwiteit kom, neem tyd om daaroor te reflekteer, sodat jy ‘n wyser persoon kan word voor jy na die volgende ding aanbeweeg. ‘Getroue werk lewer wins op. Afskeepwerk lei tot gebrek’ (Spreuke 21:5 NLV). 6) Wy jouself aan iets toe en hou daarby, selfs wanneer die volgende impuls, wat soveel lekkerder lyk, verbykom.
25 Mar 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min