Woord vir Vandag - 24 Mrt 2025

Loading player...
“U bewaar elkeen wat op U vertrou in vrede, die mense wie se gedagtes op U gerig is.” Jesaja 26:3 NLV
Verander jou gedagtes en verander jou lewe
Jou gedagtes bepaal jou gevoelens en jou gevoelens bepaal jou benadering tot die lewe. Deur dus die manier wat jy dink te verander, kan jy verander hoe jy voel en hoe jy die lewe benader. Anders as die wêreld, wat jou leer dat jy jou gedagtes leeg moet maak om vrede te ervaar, vul God jou gedagtes met vars, kragtige, verlossende gedagtes. ‘U bewaar elkeen wat op U vertrou in vrede, die mense wie se gedagtes op U gerig is.’ Dit gaan nie net daaroor om jou wilskrag te gebruik om slegte gedagtes te probeer uitwis nie. As ‘n verkeerde, slegte of negatiewe gedagte in jou kop vassit en jy dit nie kan laat gaan nie, hou op probeer! Jy sal dit nie uit jou gedagtes uitwis nie. Dis soos om ‘n onkruid teen die grond af te sny in plaas daarvan om die wortels uit te trek; dit sal net weer begin groei. Wat jy moet doen is om die vernietigende gedagte met ‘n gedagte wat van God af kom, te vervang. Dis die enigste manier om verkeerde gedagtes te hanteer en die genesingsproses te begin. Die apostel Paulus skryf: ‘...beplan alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is… Dan sal die God wat vrede gee, by julle wees’ (Filippense 4:8-9 NLV). Is jy oor jou gesondheid bekommerd? Vul jou gedagtes dan met die volgende Skrifgedeelte: ‘…Hy het ons kwale sy eie gemaak, en ons siektes het Hy op Homself geneem’ (Matteus 8:17 NLV). Is jy oor die toekoms bekommerd? Vul jou gedagtes met hierdie belofte: ‘Moenie bang of mismoedig wees nie, want die Here is die Een wat voor jou uitgaan. Hy sal jou nie in die steek laat nie en jou nie verlaat nie’ (Deuteronomium 31:8 NLV).
23 Mar 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min