Woord vir Vandag - 23 Mrt 2025

Loading player...
“…omdat die aanbidders, nadat hulle een maal gereinig is, nie meer enige besef van sonde sou hê nie…” Hebreërs 10:2 AFR20
Aanbidding: gee jouself aan God
Om ‘n aanbidder in die volste sin van die woord te word, verg twee dinge. Eerstens, die begrip dat God se liefde vir jou nie van jou liefde vir Hom afhang nie. Die oomblik wanneer jy Christus as jou Verlosser aanneem, aanvaar God jou en klee Hy jou in die geregtigheid van Christus; daarom is jy altyd waardig om tot Hom te nader. Tweedens, om te verstaan dat God se liefde vir jou nie bloot ‘n teologiese konsep is nie, maar iets wat met jou hart omhels word en waarop jou emosies reageer. Wanneer jy aanbid, laat jy jouself gaan en gee jy jouself sonder voorbehoud aan Hom oor. ‘…omdat die aanbidders, nadat hulle een maal gereinig is, nie meer enige besef van sonde sou hê nie…’ Wanneer jy glo dat die bloed van Jesus jou van alle sonde – verlede, hede en toekoms – gereining het, word jy ‘n aanbidder wat in vervoering oor sy liefde is. Sondige patrone word verander en hardnekkige gewoontes word verbreek, wanneer jy jou oë van jouself afhaal en op Christus fokus. Paulus skryf: ‘…Nee, laat die Heilige Gees julle lewe vol maak terwyl julle saam psalms en lofgesange en geestelike liedere sing. Sing en jubel met julle hele hart tot eer van die Here’ (Efesiërs 5:18-19 NLV). Die psalmdiger Dawid skryf: ‘Smaak en sien dat die Here goed is; welgeluksalig is die man wat by Hom skuil!’ (Psalm 34:9 AFR53). Verbeel jouself dat jy by jou gunstelingmaaltyd aansit, dat jy elke happie proe en daaraan smul. So moet jy die liefde van God benader. Die waarheid van God se liefde vir jou moet nie net in jou gedagtes bly nie; dit moet deur jou hart ervaar word. Wanneer dit gebeur, aanbid jy God werklik.
22 Mar 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min