Woord vir Vandag - 22 Mrt 2025

Loading player...
“…die Here het saam met hulle gewerk en hulle boodskap bevestig deur die wondertekens wat daarmee gepaardgegaan het.” Markus 16:20 NLV
Wondertekens volg op geloof
Die boek Markus word op die volgende manier afgesluit: ‘Die dissipels het toe die Goeie Nuus oral gaan verkondig, en die Here het saam met hulle gewerk en hulle boodskap bevestig deur die wondertekens wat daarmee gepaardgegaan het.’ Om die wil van God te verstaan is nie ‘n presiese wetenskap nie, selfs diegene wat geestelik volwasse is kan dit verkeerd verstaan. Jy kan egter op die volgende staatmaak: God sal ‘n kombinasie van die Gees en die Skrif gebruik om jou te lei. Soos jy sy Woord en jou hart oopmaak, sal God met jou praat. Dan moet jy daarop reageer. Die manier om geestelik momentum te kry is deur te bid en dan ‘n besluit te maak. Hoe moeiliker die besluit is, hoe meer momentum kan dit produseer. Die hoofrede hoekom die meeste van ons nie agterkom dat God beweeg nie, is omdat ons nie beweeg nie. Aan die einde van haar bediening is Moeder Teresa dikwels deur haar bewonderaars gevra hoe hulle ‘n verskil met hulle lewens, soos sy met hare gemaak het, kan maak. Sy het dikwels met slegs vier woorde gereageer: ‘Vind jou eie Kalkutta.’ Dit beteken nie dat God se wil vir jou is om ‘n sendeling in ‘n ander land te wees nie. Dit kan dit wees; maar die groter waarskynlikheid is dat God jou roep om waar jy leef en werk aksie te neem. Voor God jou vra om groter dinge te doen, sal Hy jou vra om dit wat jy reeds het te gebruik, te doen wat jy kan en te dien waar jy is. Watter klein dinge kan jy dus nou doen wat jou gereed gaan maak vir die groot dinge wat God in die toekoms vir jou in gedagte het?
21 Mar 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min