Woord vir Vandag - 21 Mrt 2025

Loading player...
“…Ek het jou lief met ‘n liefde wat nooit ophou nie…” Jeremia 31:3 NLV
Hoe om jou selfbeeld op te bou
Nadat hulle vierhonderd jaar as slawe in Egipte deurgebring het, het die Israeliete met lae selfbeeld gesukkel. Dus het God vir hulle gesê: ‘Ek het jou lief met ‘n liefde wat nooit ophou nie. Ek trek jou met troue liefde na My toe. Ek sal jou weer herbou soos jy vroeër was…’ (verse 3-4 NLV). Hoe kan jy jou selfbeeld bou, of weer herbou? Op drie maniere: Eerstens, deur in God se onverdiende, onveranderlike, onfeilbare liefde vir jou te alle tye te glo. Tweedens, deur te dien en aan ander te gee. Wanneer jy in die verlede geviktimiseer is, is jy geneig om op jouself te fokus. Dis nie dat jy selfsugtig wil wees nie, dis wat jy voel jy moet doen sodat jy kan oorleef. Tog is die teenoorgestelde waar. Wanneer jy iemand anders help – selfs deur net ‘n klein verskil te maak – verbeter dit jou selfbeeld. Dis moeilik om slegte gevoelens oor jouself te hê wanneer jy besig is om iets goeds vir iemand anders te doen. Boonop veroorsaak waardetoevoeging tot ‘n ander se lewe dat daardie persoon jou meer waardeer. Dit skep ‘n siklus van positiewe gevoelens van een persoon na ‘n ander. Derdens, om die regte ding te doen, selfs wanneer dit die moeilike ding is om te doen. Om getrou aan jouself en jou waardes te wees is ‘n merkwaardige selfbeeldbouer. Elke keer as jy iets doen wat jou karakter bou, word jy ‘n sterker mens - hoe moeiliker die taak is, hoe meer word jou karakter gebou. ‘n Positiewe karakter beïnvloed elke area van jou lewe, wat jou selfvertroue en positiewe gevoelens in alles wat jy doen, gee.
20 Mar 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min