Woord vir Vandag - 19 Mrt 2025

Loading player...
“Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.” Matteus 6:33 AFR53
Hoe om te kry wat jy wil hê
Die eerste stap om dit wat jy in die lewe wil hê te kry, is om te weet wat jy wil hê. Jesus het in wese gesê: ‘Die sleutel om uit die lewe te kry wat jy wil hê, is om te fokus op wat Ek vir jou lewe wil hê.’ Let op die woorde ‘soek eers.’ Hierdie woord ‘soek’ beteken ‘om ywerig daarna te streef,’ of ‘om sterk te begeer.’ Die aksie is deurlopend. Dit sê: ‘Hou aan streef, hou aan soek, hou aan om daagliks te begeer.’ Wanneer Jesus sê: ‘Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid…’ beteken dit dat jy nie hoef te bid oor wat jou topprioriteit in die lewe behoort te wees nie; alles wat jy doen, sal deur hierdie twee dinge gerig word. Waar jy werk, hoe jy jou tyd bestee, die persoon met wie jy trou, hoe jy jou geld bestuur, die verhoudings wat jy aanknoop, die tydverdrywe wat jy geniet, die aankope wat jy maak – dit alles sal deur een filter gesif en gesorteer word: ‘Is dit vir sy koningkryk? Hou dit met sy geregtigheid verband?’ Kan jy dink hoe hierdie lewenswyse jou huwelik, jou werk, jou familie, jou finansies en elke ander area van jou lewe sal transformeer? Om egter die prioriteite van die koninkryk na te streef, moet jy eerstens ‘n verhouding met die Koning hê. Jy sal nie eers weet waar die koninkryk is of hoe dit lyk, totdat jy die Koning ken nie. Jy kan Hom ken. Hoe? Soos jy die bladsye van sy Woord oopslaan en jou hart oopmaak, sal Hy Homself aan jou openbaar. Soos jy tyd met Hom in gebed bestee, sal Hy op jou reageer.
18 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 2 April 2025

Job 1:21 NKJV What the Bible teaches us about money (3) Here is what Job said about his great wealth: “Naked I came from my mother’s womb, and naked shall I return there.” Job understood that we all enter life with our hands empty, and we all exit life with…
1 Apr 2 min

Word for Today - 1 April 2025

Deuteronomy 8:18 NKJV What the Bible teaches us about money (2) After four hundred years of living like slaves, the Israelites were about to take possession of the promised land. And God had a concern. What was it? The same concern He has about each of us. When you have…
1 Apr 2 min

Woord vir Vandag - 2 April 2025

Job 1:21 NLV Wat die Bybel ons oor geld leer (3) Job het die volgende oor sy groot rykdom gesê: ‘…Naak het ek uit my ma se skoot gekom, en naak sal ek weer van alles gestroop wees die dag wanneer ek doodgaan…’ Job het verstaan dat ons almal met…
1 Apr 3 min

Woord vir Vandag - 1 April 2025

Deuteronomium 8:18 NLV Wat die Bybel ons oor geld leer (2) Nadat hulle vierhonderd jaar as slawe geleef het, was die Israeliete op die punt om die Beloofde Land in te neem. God was egter besorg – dieselfde besorgdheid wat Hy oor elkeen van ons het. Wanneer jy min het,…
31 Mar 2 min

Word for Today - 31 March 2025

“‘The silver is Mine, and the gold is Mine,’ says the Lord of hosts.” Haggai 2:8 NKJV What the Bible teaches us about money (1) God owns everything. If you doubt that, read these Scriptures: “‘The silver is Mine, and the gold is Mine,’ says the Lord of hosts.” “The…
30 Mar 2 min