Woord vir Vandag - 19 Mrt 2025

Loading player...
“Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.” Matteus 6:33 AFR53
Hoe om te kry wat jy wil hê
Die eerste stap om dit wat jy in die lewe wil hê te kry, is om te weet wat jy wil hê. Jesus het in wese gesê: ‘Die sleutel om uit die lewe te kry wat jy wil hê, is om te fokus op wat Ek vir jou lewe wil hê.’ Let op die woorde ‘soek eers.’ Hierdie woord ‘soek’ beteken ‘om ywerig daarna te streef,’ of ‘om sterk te begeer.’ Die aksie is deurlopend. Dit sê: ‘Hou aan streef, hou aan soek, hou aan om daagliks te begeer.’ Wanneer Jesus sê: ‘Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid…’ beteken dit dat jy nie hoef te bid oor wat jou topprioriteit in die lewe behoort te wees nie; alles wat jy doen, sal deur hierdie twee dinge gerig word. Waar jy werk, hoe jy jou tyd bestee, die persoon met wie jy trou, hoe jy jou geld bestuur, die verhoudings wat jy aanknoop, die tydverdrywe wat jy geniet, die aankope wat jy maak – dit alles sal deur een filter gesif en gesorteer word: ‘Is dit vir sy koningkryk? Hou dit met sy geregtigheid verband?’ Kan jy dink hoe hierdie lewenswyse jou huwelik, jou werk, jou familie, jou finansies en elke ander area van jou lewe sal transformeer? Om egter die prioriteite van die koninkryk na te streef, moet jy eerstens ‘n verhouding met die Koning hê. Jy sal nie eers weet waar die koninkryk is of hoe dit lyk, totdat jy die Koning ken nie. Jy kan Hom ken. Hoe? Soos jy die bladsye van sy Woord oopslaan en jou hart oopmaak, sal Hy Homself aan jou openbaar. Soos jy tyd met Hom in gebed bestee, sal Hy op jou reageer.
18 Mar 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min