Woord vir Vandag - 18 Mrt 2025

--:--
“…Net soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.” Johannes 20:21 NLV
Ken jou doel, ken jou medewerkers
Om God se wil in jou lewe te identifiseer, moet jy oor twee dinge duidelikheid hê: 1) Jou doel. In die aanloop na sy kruisiging het Jesus gesê: ‘…Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek na die wêreld toe gekom…’ (Johannes 18:37 NLV). Jou passie is die area in jou lewe wat die vuur in jou aansteek. Dit kan wêreldhonger, of verwaarloosde bejaardes, of onderwys wees. Jy sien dalk hoe klein kindertjies in skooldistrikte wat nie genoeg hulpbronne het nie grootword en dit breek jou hart. Of dalk raak ongehude moeders jou hart aan. In plaas daarvan om jou passie in jou geleenthede en jou vaardighede te vind, sal jy dit soms in die area van jou seerkry en letsels vind. Van mense wat met verslawings sukkel, tot diegene wat tyd in die tronk deurgebring het, tot diegene wat met emosionele versteurings worstel - daar is soveel areas. God sal nie ‘n seer mors nie. 2) Jou medewerkers. Jesus het die twaalf dissipels geroep en hulle toe twee-twee uitgestuur om die evangelie te gaan verkondig. Tesame met jou passie, jou sterkpunte en jou letsels, het jy mense in jou lewe nodig wat jou sal aanmoedig, jou sal vier en by dit wat jy besig is om te doen, betrokke sal raak. Paulus spel sy passie uit: ‘…die intense verlange van my hart… is dat my volk gered sal word’ (Romeine 10:1 NLV). Paulus het ook sy medewerkers geken: ‘Elke keer as ek aan julle dink, dank ek God… omdat julle, van die eerste dag wat julle die Goeie Nuus gehoor het, tot vandag toe saamgewerk het om dit verder uit te dra’ (Filippense 1:3, 5 NLV). Die woord vir jou vandag is dus – ken jou doel, ken jou medewerkers.
17 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 2 April 2025

Job 1:21 NKJV What the Bible teaches us about money (3) Here is what Job said about his great wealth: “Naked I came from my mother’s womb, and naked shall I return there.” Job understood that we all enter life with our hands empty, and we all exit life with…
1 Apr 2 min

Word for Today - 1 April 2025

Deuteronomy 8:18 NKJV What the Bible teaches us about money (2) After four hundred years of living like slaves, the Israelites were about to take possession of the promised land. And God had a concern. What was it? The same concern He has about each of us. When you have…
1 Apr 2 min

Woord vir Vandag - 2 April 2025

Job 1:21 NLV Wat die Bybel ons oor geld leer (3) Job het die volgende oor sy groot rykdom gesê: ‘…Naak het ek uit my ma se skoot gekom, en naak sal ek weer van alles gestroop wees die dag wanneer ek doodgaan…’ Job het verstaan dat ons almal met…
1 Apr 3 min

Woord vir Vandag - 1 April 2025

Deuteronomium 8:18 NLV Wat die Bybel ons oor geld leer (2) Nadat hulle vierhonderd jaar as slawe geleef het, was die Israeliete op die punt om die Beloofde Land in te neem. God was egter besorg – dieselfde besorgdheid wat Hy oor elkeen van ons het. Wanneer jy min het,…
31 Mar 2 min

Word for Today - 31 March 2025

“‘The silver is Mine, and the gold is Mine,’ says the Lord of hosts.” Haggai 2:8 NKJV What the Bible teaches us about money (1) God owns everything. If you doubt that, read these Scriptures: “‘The silver is Mine, and the gold is Mine,’ says the Lord of hosts.” “The…
30 Mar 2 min