Woord vir Vandag - 18 Mrt 2025

Loading player...
“…Net soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.” Johannes 20:21 NLV
Ken jou doel, ken jou medewerkers
Om God se wil in jou lewe te identifiseer, moet jy oor twee dinge duidelikheid hê: 1) Jou doel. In die aanloop na sy kruisiging het Jesus gesê: ‘…Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek na die wêreld toe gekom…’ (Johannes 18:37 NLV). Jou passie is die area in jou lewe wat die vuur in jou aansteek. Dit kan wêreldhonger, of verwaarloosde bejaardes, of onderwys wees. Jy sien dalk hoe klein kindertjies in skooldistrikte wat nie genoeg hulpbronne het nie grootword en dit breek jou hart. Of dalk raak ongehude moeders jou hart aan. In plaas daarvan om jou passie in jou geleenthede en jou vaardighede te vind, sal jy dit soms in die area van jou seerkry en letsels vind. Van mense wat met verslawings sukkel, tot diegene wat tyd in die tronk deurgebring het, tot diegene wat met emosionele versteurings worstel - daar is soveel areas. God sal nie ‘n seer mors nie. 2) Jou medewerkers. Jesus het die twaalf dissipels geroep en hulle toe twee-twee uitgestuur om die evangelie te gaan verkondig. Tesame met jou passie, jou sterkpunte en jou letsels, het jy mense in jou lewe nodig wat jou sal aanmoedig, jou sal vier en by dit wat jy besig is om te doen, betrokke sal raak. Paulus spel sy passie uit: ‘…die intense verlange van my hart… is dat my volk gered sal word’ (Romeine 10:1 NLV). Paulus het ook sy medewerkers geken: ‘Elke keer as ek aan julle dink, dank ek God… omdat julle, van die eerste dag wat julle die Goeie Nuus gehoor het, tot vandag toe saamgewerk het om dit verder uit te dra’ (Filippense 1:3, 5 NLV). Die woord vir jou vandag is dus – ken jou doel, ken jou medewerkers.
17 Mar 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min