Woord vir Vandag - 16 Mrt 2025

Loading player...
“…Wees aan My gehoorsaam en Ek sal julle God wees… As julle doen wat Ek sê, sal dit met julle goed gaan.” Jeremia 7:23 NLV
Die skakel tussen ongehoorsaamheid en stres
‘n Vooraanstaande Christelike sielkundige sê dat daar ‘n direkte korrelasie tussen die stres wat ons ervaar en ongehoorsaamheid aan God se Woord is. Kan dit waar wees? Kan daar ‘n skakel tussen die stres wat jy ervaar en jou vlak van gehoorsaamheid aan God wees? Ja. Dink daaroor. Wanneer jy as verloste kind van God Hom wetend ongehoorsaam is, pla jou gewete jou en voel jy konflik en vooroordeel in jou binneste. Wanneer jy bewustelik sy Woord skend, voel jy ongemaklik in jou eie vel. Wanneer jy dan tot God bid en Hom iets vra, voel dit asof jy met ‘n skuldeiser oor jou onbetaalde rekeninge praat. ‘Geliefdes, as ons gewete ons nie veroordeel nie, het ons vrymoedigheid om na God te gaan. Wat ons ook al bid, kry ons van Hom omdat ons sy opdragte gehoorsaam en dié dinge in sy teenwoordigheid doen wat Hom bly maak’ (1 Johannes 3:21-22 NLV). Soms kan ons nie die presiese oorsprong van die stres wat ons ervaar vasstel nie; dit voel net asof iets nie reg is nie. Wat moet jy doen? Stop en neem voorraad! Die twaalfstap-program verwys hierna as ‘’n deursoekende en vreeslose morele inventaris’. Dit moet gedoen word sodat ‘n alkoholis of verslaafde van dit wat hulle bly terugdryf na hul verslawing, kan loskom. Lees die volgende Skrifgedeelte versigtig en met gebed: ‘Wat Ek beveel het was die volgende: ‘Wees aan My gehoorsaam en Ek sal julle God wees en julle sal my volk wees. As julle doen wat Ek sê, sal dit met julle goed gaan’ (Jeremia 7:23 NLV).
15 Mar 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min