Woord vir Vandag - 15 Mrt 2025

Loading player...
“…Daar het die koning die hele boek van die verbond voorgelees…” 2 Kronieke 34:30 NLV
Die belangrikheid van God se Woord
Toe Josia koning in Jerusalem geword het, het hy werkers aangestel om die tempel reg te maak. Daar het hulle ‘n kopié van die boek van gebooie van die Here, in die puin ontdek. Niemand het dit in jare gesien nie! Josia het geredeneer dat Juda se afgodsdiens direk verband daarmee hou dat hulle nie meer God se Woord lees nie. Dus het hy al die mense van Juda bymekaar laat kom, persoonlik vir hulle God se wet voorgelees en hulle gelei om hulle weer daaraan toe te wy om volgens die beginsels van God se Woord te leef. Moenie die skakel misloop nie! Omdat hulle nie God se Woord gelees en daarvolgens geleef het nie, het God se mense in afgodsdiens verval. Jy ontdek God se prioriteite vir jou lewe in die Bybel. Wanneer jy nie God se Woord lees, dit bestudeer en oor die voorskrifte daarin mediteer nie, fokus jy uiteindelik op jou eie belange en skeep God se prioriteite af. Enigiets wat jy bo God plaas, is ‘n ‘afgod.’ Soms is ‘n afgod ‘n sondige praktyk wat jy weet verkeerd is. ‘n Afgod kan egter ook ‘n wettige iets soos ‘n werk, of ‘n verhouding, of ‘n besondere belangstelling wees wat soveel van jou tyd en energie in beslag neem dat dit jou verhouding met God kortwiek of totaal verwaarloos. Die gesangeskrywer William Cowper het geskryf: ‘The dearest idol I have known, whate’er that idol be, help me to tear it from thy throne, and worship only thee.’ As jy ernstig daaroor is om God beter te leer ken, nader aan Hom te beweeg en Hom eerste in jou lewe te stel, moet jy die besluit neem om elke dag tyd met sy Woord deur te bring.
14 Mar 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min