Woord vir Vandag - 13 Mrt 2025

Loading player...
“Omdat jy vir My kosbaar en belangrik is, omdat Ek jou liefhet…” Jesaja 43:4 NLV
Sien jouself as waardevol (2)
As jy ‘n 10 wil wees, maar jou selfbeeld is ‘n 5, sal jou nooit die vlak van ‘n 10 bereik nie. Jy sal ‘n 5 of laer bereik. Jy kan nie die beeld wat jy van jouself het oortref nie. ‘n Lae selfbeeld plaas ‘n beperking op jou potensiaal. Waar kom ons lae selfbeeld vandaan? Van ander mense. Wanneer die belangrikste mense in jou lewe herhaaldelik vir jou sê dat hulle verwag dat jy nêrens gaan kom of niks waardevols gaan bereik nie, is dit wat jy uiteindelik van jouself begin glo. Dis soos om ‘n virus op jou rekenaar af te laai; dit vernietig jou Godgegewe potensiaal. Wat is dan die antwoord? In plaas daarvan om dit wat ander mense van jou sê te glo, vind uit wat God van jou sê. Wie ken immers die waarde en potensiaal van ‘n produk beter as die vervaardiger wat dit gemaak het? Toe God vir Jeremia geroep het om ‘n profeet vir die volk Israel te wees, het Jeremia gesê: ‘...ek kan nie goed praat nie. Ek is ook te jonk!’ (Jeremia 1:6 NLV). Miskien kan jy met Jeremia indentifiseer: ‘Ek is te jonk, of te oud, of nie die regte nasionaliteit nie, of nie opgevoed genoeg nie, of nie ryk genoeg nie.’ Let op wat God vir Jeremia geantwoord het: ‘Moenie sê jy is te jonk nie. Gaan na die mense waarheen Ek jou stuur en gee my boodskap vir hulle. Jy moet ook nie bang wees vir hulle nie. Ek sal by jou wees en jou beskerm!’ (verse 7-8 NLV). Om jou selfbeeld te verander, beteken dat jy die manier wat jy met jouself praat moet verander. Om jouself as waardevol te sien, moet jy jouself begin sien soos God jou sien.
12 Mar 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min