Woord vir Vandag - 12 Mrt 2025

Loading player...
“Ek kan onder alle omstandighede regkom deur Hom wat my krag gee.” Filippense 4:13 NLV
Sien jouself as waardevol (1)
Toe God die eerste mens gemaak het, het Hy gesien dat sy skepping ‘goed’ was. Dit beteken dat elke persoon wat al ooit gebore is, insluitend jy, sade van sukses binne hom het. Al wat jy moet doen is om hulle water te gee en te voed; en hulle sal groei. Hoekom versuim so baie mense dan om hulle Godgegewe potensiaal in die lewe te bereik? Een van die sleutelredes is ‘n lae selfbeeld; hulle glo nie in hulself nie. Hulle beskik oor honderde moontlikhede, maar hulle oortuig hulself dat hulle nie in staat is om te leer en te groei tot iets wonderliks nie. As jy nie glo dat jy waardevol en die moeite werd is om in te belê nie, sal jy nooit die tyd en moeite wat nodig is om te ontwikkel tot wat God jou gemaak het om te wees, bestee nie. Zig Ziglar het gesê: ‘Dit is onmoontlik om konsekwent op ‘n manier wat nie ooreenstem met hoe ons onsself sien nie, op te tree. Ons kan baie min dinge op ‘n positiewe manier doen as ons negatief oor onsself voel.’ Paulus was nederig. Hy was bewus van sy totale afhanklikheid van God. Hy het egter ook ‘n gesonde sin van sy selfwaarde gehad. Hier is wat hy aan die mense wat in hom geglo het en sy bediening ondersteun het, geskryf het: ‘Ek kan onder alle omstandighede regkom deur Hom wat my krag gee. Nietemin, julle het goedgedoen deur my in my swaarkry by te staan’ (verse 13-14 NLV). Die woord vir jou vandag is dus: Sien jouself as waardevol, want God doen.
11 Mar 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min