Woord vir Vandag - 11 Mrt 2025

Loading player...
“…Ons is tog net diensknegte deur wie julle tot die geloof gekom het…” 1 Korintiërs 3:5 NLV
Saai net die saad
Een dag toe Charles Colson geskeduleer was om vir driehonderd gevangenes by die San Quentin tronk te preek, is daar ‘n inspeksie uitgeroep en die meeste van die gevangenes is tot hulle tronkselle beperk. Colson het besluit om voort te gaan en vir die paar gevangenes wat toegelaat was om sy preek by te woon, die boodskap wat hy voorberei het te gee. Later, toe hy sy teleurstelling uitspreek dat die driehonderd gevangenes nie sy preek kon bywoon nie, is daar vir hom gesê: ‘Ons het jou boodskap opgeneem en gaan dit verskeie kere vir die meer as tweeduisend gevangenes in die tronk wys.’ Wat as Colson tot sy teleurstelling ingegee het en net ‘n kort toespraak, in plaas van die volle evangelistiese boodskap wat hy voorberei het, gegee het? Meer as tweeduisend gevangenes sou dan nie die evangelie gehoor het nie. ‘n Geleentheid mag dalk opduik waar jy die enigste persoon beskikbaar is om namens God te praat. Sal jy betroubaar in so ‘n oomblik wees? Jy is die belangrikste persoon in die wêreld vir God wanneer jy die een is wat Hy geroep het om iets vir Hom te doen. Die boodskap is egter belangriker as die boodskapper. Paulus skryf: ‘…Ons is tog net diensknegte deur wie julle tot die geloof gekom het. Elkeen van ons het maar net die werk gedoen wat die Here aan ons toevertrou het. My werk was om die saad te plant. Apollos moes dit natgooi. Maar God het laat groei. Wie plant en wie natgooi, is nie belangrik nie. Die belangrike Een is God, want dit is Hý wat laat groei. Die een wat plant en die een wat natgooi, werk saam en het een gesamentlike doel, alhoewel elkeen sy eie beloning sal ontvang in ooreenstemming met sy eie harde werk’ (verse 5-8 NLV).
10 Mar 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min