Woord vir Vandag - 9 Mrt 2025

Loading player...
“Net soos U My na die wêreld toe gestuur het, het Ek hulle ook na die wêreld toe gestuur.” Johannes 17:18 NLV
Moenie vermy nie – raak betrokke
Jesus het in Johannes 17:15-18 gebid: ‘Ek vra nie dat U hulle uit die wêreld verwyder nie, maar dat U hulle van die kwaad moet bewaar. Hulle behoort nie aan die wêreld nie, net soos Ek ook nie aan die wêreld behoort nie. Laat hulle vir U geheilig wees deur ‘n hegte verbintenis aan die waarheid. Net soos U My na die wêreld toe gestuur het, het Ek hulle ook na die wêreld toe gestuur’ (NLV). Waarheen het Jesus sy dissipels gestuur? Na die wêreld toe. Hy het nie gesê: ‘Probeer die wêreld vermy. Gaan net met die Christene in die kerk om en hou julle afstand van mense wat slegte taal gebruik en slegte mense is,’ nie. Hy sê dat jy in hierdie wêreld is om as verteenwoordiger van God na jou werk, jou buurt, jou omstandighede en jou situasies gestuur te word. Hy sê: ‘…Net soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook’ (Johannes 20:21 NLV). Ons word nie geroep om die wêreld te vermy nie, maar om daarby betrokke te raak. Jy sê: ‘Maar ek voel nie gemaklik tussen sulke mense nie.’ Vra God dan om jou meer soos Jesus te maak, wat as ‘n vriend van sondaars bekend gestaan het (sien Lukas 7:34). Jesus het vir sy dissipels gesê: ‘Let op, Ek stuur julle soos weerlose skape onder die wolwe in…’ (Matteus 10:16 NLV). Dit verg twee dinge vir skape om tussen wolwe te oorleef: dapperheid en wysheid. Dit verg ook totale toewyding. Albert Schweitzer het sy aansien as ‘n voortreflike teoloog en wêreldklas musikant prysgegee om die armste mense op ‘n ander kontinent te dien. Waartoe God jou ook al geroep het, dit sal behels om mense lief te hê en jouself aan hulle te gee.
8 Mar 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min