Woord vir Vandag - 8 Mrt 2025

Loading player...
“Kom nader aan God, en Hy sal nader aan julle kom…” Jakobus 4:8 NLV
Probleme? Kom nader aan God
Ons sê dat ons God vertrou, maar ons vrees dikwels dat Hy nie daar vir ons gaan wees wanneer ons Hom die nodigste het nie. Dus neem ons verkeerdelik aan dat as ons aanhou om aan die probleem te dink en ons genoeg daaroor bekommer, sal ons op ‘n manier dit self kan oplos, net vir ingeval God nie opdaag en iets volgens ons tydrooster doen nie. Dit bring ons nader aan ons probleme, maar nie aan die Een wat dit kan oplos nie. Wanneer ons egter kies om te glo dat God in beheer van ons lewens is en enige situasie waarin ons onsself bevind kan hanteer, beweeg ons nader aan God en lyk ons probleme nie meer so kommerwekkend nie. Dit werk as volg: Hoe nader jy aan die probleem beweeg, hoe kleiner lyk God en hoe nader jy aan God beweeg, hoe kleiner lyk die probleem. Die Bybel sê: ‘Vertrou op die Here met alles wat jy het. Moenie staatmaak op jou eie insigte nie’ (Spreuke 3:5 NLV). Deur op God te vertrou, sal jou daarvan weerhou om dinge te probeer uitpluis waarvoor jy nog nie antwoorde het nie. In plaas daarvan om na die neulende stem te luister wat sê: ‘Wat gaan jy doen?’ beweeg eerder nader aan God en sê: ‘Ek gaan op God vertrou om my te wys wat ek moet doen.’ Dawid het verklaar: ‘My liggaam en my hart kan kwyn, maar God is my blywende krag en my erfdeel vir altyd… dit is goed om naby God te wees!..’ (Psalm 73:26, 28 NLV). Waar is God wanneer jy Hom die nodigste het? Reg langs jou!
7 Mar 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min