Woord vir Vandag - 7 Mrt 2025

Loading player...
“…die Gees van die Here het my weggeneem na ‘n vallei vol… ou, droë, bene…” Esegiël 37:1-2 NLV
Is God besig om jou te skud?
God het vir Esegiël gesê om sy Woord aan ‘n vallei vol bene te profeteer, wat toe ‘n magtige leër geword het. Hierdie bene was oud, droog en het die hele valleivloer vol gelê. Dit mag dalk beskryf waar jy vandag is. Jou hoop is dood, jou siel is droog, jou lewe is in wanorde. Wat is die antwoord? 1) Jy het nodig dat God dinge in jou lewe skud. ‘…Skielik was daar ‘n gedreun… Die bene van elke liggaam het bymekaargekom’ (vers 7 NLV). Wanneer dit voel of dinge in jou persoonlike lewe, jou huislewe en jou werkslewe geskud word, moet jy bly wees; dit beteken dat God groot planne vir jou het. 2) Jy het nodig dat God deur sy Woord met jou praat. ‘…Droë bene, luister na die woord van die Here!’ (vers 4 NLV). God se Woord het ‘n klomp bene in ‘n leërmag wat kon verower, oorwin en sy doelwitte vervul, verander. God se Woord kan dieselfde vir jou doen. 3) Jy het nodig dat God sy Heilige Gees in jou blaas. ‘…Blaas in hierdie dooie liggame sodat hulle lewend kan word!’… Hulle het lewend geword en op hulle voete gaan staan, ‘n groot klomp mense’ (Esegiël 37:9-10 NLV). Wanneer jy deur sy Gees bemagtig word, sal jy jou eie verwagtinge oorskry en groot dinge vir God doen. Esegiël kon nie die potensiaal in daardie bene sien nie, totdat God dit vir hom gewys het. Maak dus nie saak wat ander mense sê nie, God sien potensiaal in jou en dis hoekom Hy besig is om jou te skud.
6 Mar 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min