Woord vir Vandag - 6 Mrt 2025

Loading player...
“Maar laat die volk van Israel na Karmelberg toe kom...” 1 Konings 18:19 NLV
Toenemende seën
Die grootste hoofstuk in Elia se lewensverhaal het op Karmelberg plaasgevind. Dis toe hy vuur uit die hemel laat afkom het, die profete van Baäl verslaan het en die harte van die Israeliete na God teruggedraai het. Die woord ‘Karmel’ beteken ‘vrugbare grond.’ Voor Elia egter by Karmelberg kon uitkom, moes hy eers na twee ander plekke toe gaan: Eerstens het God hom na die Kritspruit toe gestuur. Die woord ‘Krit’ beteken ‘om ‘n verbond te sluit met.’ Dit was hier waar Elia besef het dat God ‘n verbond maak en sy Woord hou, wat jou deur die moeilikste tye kan bring. Dit was hier waar die kraaie vir Elia tydens ‘n droogte en hongersnood daagliks kos gebring het en waar hy die verfrissende water uit die spruit kon drink. Die Bybel sê egter: ‘Na ‘n tyd het die spruit egter opgedroog…’ (1 Konings 17:7 NLV). Wanneer God toelaat dat jou spruit opdroog, is dit om jou sodoende na die ware bron, Homself, terug te dryf waar jy verdere instruksies kan ontvang. Tweedens, het God hom na ‘n weduwee in Sarfat gelei. Die woord ‘Sarfat’ beteken ‘om in ‘n smeltkroes te suiwer.’ Goud, in sy oorspronklike vorm, is nie suiwer nie. Dit moet gesuiwer word deur dit tot kookpunt te verhit. Die hitte skei die onsuiwerhede van die goud, wat dan na die oppervlak kom en afgeskep kan word. God sal dieselfde vir jou deur die hitte van beproewinge doen om die goud in jou lewe van die skuim te skei. Hy weet watter ervarings jy nodig het om jou na Karmelberg, die plek van vrugbare grond, te bring. Vertrou dus op Hom. Hy weet wat Hy doen.
5 Mar 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min