Woord vir Vandag - 5 Mrt 2025

Loading player...
“’My gedagtes is anders as julle s’n, en julle paaie is nie my paaie nie,’ sê die Here.” Jesaja 55:8 NLV
Omarm onsekerheid en volg God
‘n Deel van ons voel asof daar iets geestelik met ons verkeerd is wanneer ons onsekerheid ervaar. Dit is egter presies wat Jesus ons beloof het wanneer ons uit die Gees gebore word en Hom begin volg: ‘Die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy suising, maar jy weet nie waarvandaan hy kom en waarheen hy op pad is nie. Só is dit met elkeen wat uit die Gees gebore is’ (Johannes 3:8 NLV). Wanneer jy deur die Gees van God gelei word, kan jy dikwels nie beskryf hoe dit gebeur nie. Selfs wanneer jy dag en nag daaroor nagedink het, sê God: ‘My gedagtes is anders as julle s’n, en julle paaie is nie my paaie nie.’ Enigiets kan dus gebeur wanneer jy God volg. Jy weet nooit wie jy gaan ontmoet, waarheen jy gaan of wat jy gaan doen nie. Hoe vinniger jy vrede met hierdie geestelike waarheid maak, hoe meer sal jy die reis geniet. Andersins sal jy met ‘n selfbehepte geestelikheid wat jou leeg laat voel, opeindig. In plaas daarvan om die Gees te volg, nooi jy dan die Gees uit om jou te volg. In plaas daarvan om God se doelwitte te dien, wil jy hê dat Hy jou doelwitte moet dien. Alhoewel dit na 'n subtiele onderskeid mag lyk, maak dit ‘n massiewe verskil. Hier is dus jou opsies: 1) Volg die pad van sekerheid, wat jou in beheer hou, maar die avontuur wat God vir jou in gedagte het, by jou steel. 2) Aanvaar die onsekerheid van die ‘hoe’ en ‘waar’ wanneer jy besluit om God te volg en staan op hierdie belofte: ‘Op u ontferming kan mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut’ (Klaagliedere 3:23 NLV).
4 Mar 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min