Woord vir Vandag - 4 Mrt 2025

Loading player...
“Gee al julle bekommernisse aan God oor, want Hy gee vir julle om.” 1 Petrus 5:7 NLV
God gee vir jou om
Charles Weigle was 'n rondreisende evangelis wat daarvan gehou het om te reis en te preek, ten spyte van die swaarkry op die pad. Sy vrou het egter met haar dikwels afwesige man ontnugter geraak. Een dag het Charles by die huis opgedaag en ‘n nota gekry: ‘Charlie, ek was ‘n dwaas. Ek het sonder baie dinge klaargekom, maar van nou af gaan ek alles kry wat die wêreld my skuld. Ek weet jy sal aanhou om ‘n dwaas vir Jesus te wees, maar vir my is dit totsiens!’ Charles was geskok en depressie het soos ‘n groot golf oor hom gespoel. Een dag, toe hy op die stoep van sy kothuis sit, het hy selfdood oorweeg, ‘n Stem binne hom het gefluister: ‘Jou bediening is klaar. Niemand gee meer om nie.’ ‘n Ander stem het egter deur die swart wolk gebreek: ‘Charlie, Ek het nie van jou vergeet nie; Ek gee vir jou om.’ Charles het onmiddellik op sy knieë neergeval en sy lewe opnuut aan Christus toegewy. Later het hy die woorde van een van die mees geliefde gesange geskryf: ‘I would love to tell you what I think of Jesus, since I found in Him a friend so strong and true; I would tell you how He changed my life completely, He did something that no other friend could do. No one ever cared for me like Jesus, there’s no other friend so kind as He; no one else could take the sin and darkness from me, o how much He cared for me.’ Het die verantwoordelikhede wat jy dra jou tot by ‘n breekpunt gebring? Is die hartseer meer as wat jy kan hanteer? Die woord vir jou vandag is: ‘Gee al [jou] bekommernisse aan God oor, want Hy gee vir [jou] om.’
3 Mar 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min