Woord vir Vandag - 3 Mrt 2025

Loading player...
“…die Heilige Gees [het] gesê: ‘Sonder Barnabas en Saulus vir My af om die werk te doen waarvoor Ek hulle geroep het.” Handelinge 13:2 NLV
Groepsleiding
‘n Groep gelowiges het gereeld bymekaar gekom en baie tyd daaraan bestee om te bid, te vas en God te aanbid. Gevolglik het die Heilige Gees gesê: ‘…Sonder Barnabas en Saulus vir My af om die werk te doen waarvoor Ek hulle geroep het.’ Hoe het hulle geweet dat die Heilige Gees dit vir hulle gesê het? Die Skrifgedeelte maak nie melding daarvan nie. Dit mag dalk ‘n dramatiese oomblik gewees het. Dit mag dalk wees dat hulle eers later, toe hulle daarop teruggekyk het, besef het dat die Gees hulle gelei het. Wat egter seker is, is dat hulle saam leiding van God ontvang het. Wanneer dit by leiding kom, loop ons soms as gevolg van beperkte denke die hele reeks opsies wat God voor ons plaas mis. ‘n Christelike skrywer verduidelik: ‘Ons vra dinge soos: ‘Moet ek hierdie verhouding beëindig of nie?’ in plaas van: ‘Hoe kan ek hierdie verhouding beter maak?’ Of ‘Moet ek dit koop of nie?’ in plaas van ‘Wat is die beste manier waarmee ek hierdie geld kan gebruik?’ Ons is geneig om aan bevestigingsvooroordeel te ly. Ons soek na inligting wat dit wat ons reeds wil hê bevestig, eerder as om na die waarheid te soek. Ons gee voor asof ons die waarheid wil hê, maar wat ons werklik wil hê, is gerusstelling oor die standpunte wat ons reeds ingeneem het.’ Jesaja het vir die mense gesê: ‘Hulle sê vir die sieners: ‘Bly stil, ons wil niks meer hoor van wat julle sien nie!’ En vir die profete sê hulle: ‘Ons wil nie die waarheid hoor nie! Sê vir ons wat ons wil hoor, dat goeie dinge met ons gaan gebeur. Vertel vir ons leuens!’’ (Jesaja 30:10 NLV). Wanneer jy leiding soek, moet jy dus eerlik, oop en gewillig wees.
2 Mar 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min