Woord vir Vandag - 2 Mrt 2025

Loading player...
“Tog is ons ten spyte van al hierdie dinge besig om ‘n superoorwinning te behaal – oorwinnaars deur Christus wat sy liefde so duidelik aan ons bewys het.” Romeine 8:37 NLV
Raak van die mislukkingsindroom ontslae
Wanneer jy mishandel, verwerp en verlaat is, is dit maklik om skaam te word en met ‘n slegte selfbeeld op te eindig. Die duiwel weet dit, dus sal hy jou selfvertroue op elke moontlik geleentheid aanval. Hy wil hê dat jy moet glo dat jy ‘n mislukking is, want sonder selfvertroue sal jy nooit die moed hê om die dinge wat jy werklik wil doen, aan te pak nie. Hy wil nie hê dat jy God se plan vir jou lewe moet vervul nie. As hy jou kan laat glo dat jy nie daartoe in staat is nie, sal jy nie eens probeer om iets wat die moeite werd is aan te pak nie. Wanneer jy egter wel ‘n poging daartoe aanwend, sal jou vrees vir mislukking jou nederlaag verseël, wat jy weens ’n gebrek aan selfvertroue waarskynlik van die begin af verwag het. Dit word dikwels ‘n ‘mislukkingsindroom’ genoem. Jy misluk as gevolg van verkeerde oortuigings en jy hou aan om verkeerde oortuigings te hê omdat jy misluk. Dis moeilik om te weet watter een eerste gekom het, maar jy bevind jouself in ‘n strik waaruit jy nie kan ontsnap nie. Wat is dan die antwoord? As verloste kind van God, sê die Bybel dat jy ‘in Christus’ is. Jesus het Satan oorwin en oor hom by die kruis getriomfeer. Omdat jy ‘in Christus’ is, is sy oorwinning jou oorwinning. Jy kan uit die mislukkingsindroom breek en begin om sukses in die lewe te behaal, want: ‘Tog is ons ten spyte van al hierdie dinge besig om ‘n superoorwinning te behaal – oorwinnaars deur Christus wat sy liefde so duidelik aan ons bewys het.’ Ongeag wat in die verlede met jou gebeur het, het God ‘n wonderlike toekoms vir jou in gedagte.
1 Mar 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min