Woord vir Vandag - 1 Mrt 2025

Loading player...
“Toe Jesus na die baie mense kyk, het Hy ontroerd geraak...” Matteus 9:36 NLV
Medelye
Wanneer jy selfbehep en net op jou eie belange gefokus is, is dit maklik om mense in nood mis te kyk en geen besorgdheid te toon nie. Wanneer jy egter jou lewe aan Christus toevertrou en in sy voetspore volg, verander jou gesindheid. ‘Toe Jesus na die baie mense kyk, het Hy ontroerd geraak oor hulle seerkry en weerloosheid. Hulle was soos skape sonder ‘n wagter wat na hulle omsien. Daarop sê Hy vir sy dissipels: ‘Die oes is groot, maar die werkers wat dit moet insamel, is so bitter min. Hierdie oes is die Here s’n. Vra Hom dan om werkers vir sy oesland te voorsien’’ (verse 36-38 NLV). Jesus was ontroerd deur mense wat weerloos was. Die stres van die lewe het hulle afgemat en die laste wat hulle gedra het was swaar. Hulle was mense met geen rigting, geen fokus, geen doelwitte in die lewe nie. Wat was Christus se reaksie? Omdat die behoefte so groot was, het Hy vir sy dissipels gesê om te bid dat God ‘werkers vir sy oesland voorsien.’ ‘n Mens kry net soveel tyd om ‘n oes in te samel, anders verloor jy dit. Moenie die punt wat Jesus maak, of die dringendheid daarvan, misloop nie. Jy is geroep om medelye teenoor die mense rondom jou wat moeg en weerloos is te bewys en elke geleentheid om hulle na Jesus toe te bring, aan te gryp. ‘n Man wat nie kon loop nie het by die tempelhekke gesit en bedel. Dag na dag het die skare verby hom geloop, maar nie Petrus en Johannes nie (sien Handelinge 3:1-11). Wanneer jy skielik deur ‘n behoefte waar jy telkemale al verbygeloop het, ontroer word, is God besig om vir jou te sê om betrokke te raak en iets daaraan te doen.
28 Feb 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min