Woord vir Vandag 28 Feb 2025

Loading player...
“Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof…” Romeine 1:17 AFR53
Jy is in die skool van geloof
Daar is ‘n verhaal van ‘n ma wat vir haar seun gesê het: ‘Dis tyd om op te staan en skool toe te gaan.’ Hy het geantwoord: ‘Ek gaan nie vandag skool toe nie!’ Sy ma het gevra: ‘Hoekom nie?’ Hy het geantwoord: ‘Want die kinders haat my en die onderwysers kritiseer my. Hoekom moet ek skool toe gaan en dit alles deurmaak?’ Sy ma het geantwoord: ‘Want jy is die skoolhoof!’ Die Christelike lewe is ‘n skool. Paulus beskryf elke graad om van ‘geloof tot geloof’ te gaan. In die skool van geloof is die Heilige Gees die onderwyser en die Bybel is die handboek. As jy goed studeer en op jouself toepas, kan jy deur die grade op beweeg. Indien jy dit nie doen nie, sal jy in dieselfde graad bly totdat jy die lesse geleer het en die toetse kan slaag. Jy is soos die dame wat geskerts het: ‘My gunsteling graad was graad vyf. Drie van my gelukkigste jare het ek in daardie graad deurgebring!’ Tensy jy wil hê dat dit jou lot moet wees, lees hierdie woorde en neem dit ter harte: ‘Werk hard sodat God jou kan goedkeur. Wees ‘n goeie werker, een wat nie nodig het om hom te skaam nie; iemand wat die woord van die waarheid reg verduidelik’ (2 Timoteus 2:15 NLV). As jy God wil ken, moet jy Hom in die bladsye van sy Woord ontmoet. Jy sal ook met die Heilige Gees gevul moet bly: ‘Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al hoe meer verander om soos die Here te lyk, met ‘n heerlikheid wat steeds toeneem namate die Here, dit is die Gees, dit aan ons gee’ (2 Korintiërs 3:18 NLV).
27 Feb 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min