Woord vir Vandag - 27 Feb 2025

Loading player...
“…Dié wat in hulle God glo, sal egter sterk staan en doen wat reg is.” Daniël 11:32 NLV
Wees Bybels; wees vrymoedig!
Die Bybel sê: ‘…Dié wat in hulle God glo, sal egter sterk staan en doen wat reg is.’ Hierdie Skrifgedeelte is nie ‘n lisensie om arrogant of onsensitief teenoor ander mense se gevoelens te wees, of ‘n oordrewe opinie van jouself te hê nie. Dit beteken dat wanneer jy God se Woord, God se maniere en God se wil verstaan, sal jy vertroue hê in wie jy is en in dit wat God jou geroep het om te doen. Wanneer laas het jy iets vir die eerste keer probeer doen? Jy sê: ‘Ek is bang ek misluk.’ Almal misluk; die wenners is diegene wat aanhou om weer op te staan. Blykbaar het sommige mense in die Nuwe Testamentiese kerk gedink dat Timoteus te jonk was om in die leierskap te dien, dus het Paulus hom aangemoedig om vrymoedig in sy roeping te wees: ‘Timoteus, ek dank God vir jou… Ek weet dat jy die Here opreg vertrou, want jy het dieselfde geloof as jou ma, Eunice, en jou ouma Loïs. Dit is waarom ek jou daaraan herinner om die geestelike gawe, wat God jou gegee het toe ek jou die hande opgelê het, soos ‘n vuur aan te blaas. Want God het ons nie ‘n gees van skugterheid gegee nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing. Jy moet dus nooit skaam wees om ander van ons Here te vertel nie… Met die krag wat God jou gee, moet jy gereed wees om saam met my vir die uitdra van die Goeie Nuus te ly’ (2 Timoteus 1:3, 5-8 NLV). God het nie belowe dat jy nie swaarkry sal ervaar wanneer jy dit doen waarvoor Hy jou geroep het nie, maar Hy het belowe dat jy sal slaag. Die woord vir jou vandag is dus – wees Bybels; wees vrymoedig!
26 Feb 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min