Woord vir Vandag - 26 Feb 2025

Loading player...
“Ons het gawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het…” Romeine 12:6 NLV
Ontdek dit wat jou spesiaal maak
‘n Fassinerende studie is oor uiteenlopende denke – mense wat buite die boks dink – gedoen. Die resultate? Agt-en-negentig persent van kinders tussen die ouderdom van drie en vyf jaar oud het in die genie kategorie van uiteenlopende denke geval. Tussen agt en tien het daardie getal tot 32 persent geval. Teen die tyd wat hulle tieners word, val daardie getal tot 10 persent. Net twee persent van diegene oor die ouderdom van 25 jaar het in die genie kategorie vir uiteenlopende denke geval. Dit beteken hoe ouer mens word, hoe groter word jou geneigdheid om verandering teen te staan. Dit beteken ook dat jy dalk nie jou Godgegewe opdrag mag ontdek of die vaardighede ontwikkel om dit te vervul nie. Die Bybel sê: ‘Ons besit elkeen een liggaam wat uit baie ledemate bestaan en wat elkeen sy eie spesiale funksie het… Ons het gawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het…’ (Romeine 12:4, 6 NLV). God se plan vir jou lewe sluit in dat jy uitvind wat jou anders maak en dat jy die dinge wat jy goed doen, moet ontdek. Te veel individue in te veel kerke lyk en tree dieselfde op. As daar egter een plek is wat diversiteit moet vier, is dit die kerk. Daar was nog nooit en daar sal ook nooit weer ‘n persoon soos jy wees nie. Dit beteken dat jy moet uitvind wie jy is, en wie jy nie is nie. Dink daaroor: Sal jy nie eerder geminag word vir wie jy is as wat mense van jou hou vir wie jy nie is nie? Indien dit die geval is, moet jy ontdek wat jou spesiaal maak.
25 Feb 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min