Woord vir Vandag - 25 Feb 2025

Loading player...
“…Jou gebede en jou liefdadigheid het tot ‘n gedenkoffer voor God opgestyg.” Handelinge 10:4 AFR20
Jou gebede sal beantwoord word
God het vir Kornelius gesê: ‘…Jou gebede en jou liefdadigheid het tot ‘n gedenkoffer voor [My] opgestyg.’ Gedenkoffers word gewoonlik deur mense wat gesterf en weg is, gegee. Wat ‘n wonderlike belofte is dit nie. Selfs nadat jy hemel toe gegaan het, word die gebede wat jy vir jou geliefdes gebid het ‘n gedenkoffer voor God, wat sy aandag trek en Hom tot aksie laat oorgaan. Moet dus nie ophou bid nie. Sint Augustine word as een van die invloedrykste figure in die geskiedenis van die Christendom beskou, maar sy lewe het nie goed begin nie. Die jong Aurelius Augustinus het vir drie dekades in totale onsedelikheid geleef. Vir elk van daardie dekades het sy moeder, Monica, vir hom gebid. Sy het die hemel met gebede oor hom gebombardeer. Monica het lank genoeg gelewe om te sien hoe haar seun ‘n kragtige man van God word. Jy mag dalk nie lank genoeg lewe om te sien hoe jou geliefde na Christus draai nie, maar weet dat God sê: ‘Jou gebede en jou liefdadigheid het tot ‘n gedenkoffer voor [My] opgestyg.’ Ons praat hier van die nadoodse krag van gebed. Johannes het ‘n blik daarvan gekry toe hy die hemel besoek het: ‘’n Ander engel het nadergekom en by die altaar gaan staan. Hy het ‘n goue wierookbak vasgehou. Baie reukwerk is aan hom gegee om dit te meng met die gebede van almal wat aan God toegewy is, en om dit op die goue altaar wat voor die troon staan, te offer. Die rookwolk van die reukwerk wat deur die engel geoffer is, het gemeng met die gebede van hulle wat aan God toegewy is, en het opgestyg voor God’ (Openbaring 8:3-4 NLV). Die woord vir jou vandag is dus – hou aan bid en God sal jou gebede beantwoord.
24 Feb 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min