Woord vir Vandag - 23 Feb 2025

Loading player...
“Moet dus nie moeg word om goed te doen nie...” Galasiërs 6:9 NLV
Volhard en jy sal sukses behaal
Jy sal allerhande soorte probleme in die lewe hê. Wat moet jy dus doen? Volhard! Maak nie saak wat in jou lewe aangaan nie, die oorwinning lê daarin om te weier om tou op te gooi. Hou in gedagte dat tydens die hitte van jou stryd die Heilige Gees dikwels sy grootste werk in jou doen. Paulus skryf: ‘…ons jubel selfs in ons swaarkry, want ons besef dat die swaarkry ons leer om te volhard. Op sy beurt kweek volharding betroubaarheid van karakter…’ (Romeine 5:3-4 NLV). God sal jou deur enigiets lei as jy net sal vasbyt en Hom volg. Dit beteken om ywerig in gebed, meedoënloos in jou vasberadenheid, onwrikbaar in geloof en vasbeslote om op God se Woord en sy beloftes aan jou vas te staan, te wees. Moenie dat jou aandag deur hoe stadig dinge op die oomblik lyk asof dit gebeur, afgetrek word nie. Wanneer jy in die ‘daar gaan nie veel aan nie’ fase is, is dit dikwels wanneer God ‘n sterk fondasie lê om iets betekenisvol in jou en deur jou te doen. Die Here se werk in jou is voorbereiding vir die werk wat Hy deur jou wil doen. Wanneer die lewe moeilik en vordering te stadig lyk, moet jy God vra om jou te help om standvastig te wees. Hy sal dit doen. Hier is twee Skrifgedeeltes waarop jy vandag kan staan: ‘Moet dus nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie, sal ons op die regte tyd oes’ (Galasiërs 6:9 NLV). ‘Dus, my geliefde broers en susters, staan baie vas, onbeweeglik. Gee altyd julle allerbeste vir die Here se werk, want julle weet voor die Here is alles wat julle doen die moeite werd’ (1 Korintiërs 15:58 NLV).
22 Feb 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min