Woord vir Vandag - 22 Feb 2025

Loading player...
“Toe vra die koning: ‘Hoe kan ek jou help?’…” Nehemia 2:4 NLV
Jy moet dit wil hê wat God wil hê
Die herbouing van Jerusalem se mure het met twee vrae van die koning aan Nehemia begin. Die eerste vraag was: ‘…Hoekom lyk jy so hartseer?..’ (vers 2 NLV). Die tweede vraag was: ‘…Hoe kan ek jou help?..’ (vers 4 NLV). Nehemia het geantwoord: ‘…stuur my dan na Juda toe. Ek sal dan gaan na die stad waar my voorouers begrawe lê, en dit herbou’ (vers 5 NLV). Nehemia het presies geweet wat hy wou hê, omdat ‘n passie daarvoor in sy gees verwek is. Hy het reeds vir ‘n paar maande daaraan gedink en daaroor gebid voor die koning vir hom gevra het hoe hy hom kon help. ‘n Pastoor skryf: ‘Min dinge is so wonderbaarlik soos die oomblik van menslike bevrugting. ‘n Spermsel dring ‘n eiersel binne en al die genetiese data wat bepaal wie jy sal word - alles van gesigseienskappe tot persoonlikheidseienskappe - is in daardie enkele sel gekodeer. Die moeder se liggaam begin hormone nog voordat sy weet sy is swanger, produseer. Die baba se hart begin op dag twee-en-twintig klop. Na vier weke het daardie enkele sel tienduisend keer groter geword. Op ongeveer dag twee-en-veertig begin neurone teen die verbysterende tempo van ongeveer tienduisend per sekonde, vermenigvuldig. Alles van die optiese senuwee tot die ouditiewe korteks tot die respiratoriese stelsel word in die baarmoeder gevorm.’ ‘n Godgegewe visie word op dieselfde manier verwek. Dit begin klein en hou aan groei tot die tyd wat dit waar word. Dis hoekom die Bybel sê: ‘…Stadig maar seker breek die tyd aan wanneer die visioen waar sal word… Wees seker dit gaan gebeur, dit sal nie onnodig talm nie’ (Habakuk 2:3 NLV). Die woord vir jou vandag is dus - jy moet wil hê wat God wil hê.
21 Feb 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min