Woord vir Vandag - 20 Feb 2025

Loading player...
“Wees eerder vriendelik met mekaar. Gee vir mekaar om…” Efesiërs 4:32 NLV
Oefen om goedgesind te wees
In sy topverkoper boek, 7 Habits of Highly Effective People, beskryf Steven Covey ‘n ervaring wat hy op ‘n moltrein in New York gehad het. ‘n Man en sy kinders het op die trein geklim en die kinders was so luidrugtig en rumoerig dat hulle die hele wa ontwrig het. Die man het langs Covey gaan sit, oënskynlik onbewus van die situasie. Covey het uiteindelik vir hom gesê: ‘Meneer, jou kinders pla regtig ‘n hele klomp mense. Kan jy hulle asseblief nie bietjie tot bedaring bring nie?’ Die man het verbaas gelyk. Toe het hy gesê: ‘O, jy is reg. Ek moet seker iets daaraan doen. Ons kom nou net van die hospitaal af waar hulle ma omtrent ‘n uur gelede gesterf het. Ek weet nie wat om te dink nie en ek dink hulle weet ook nie hoe om dit te hanteer nie.’ Covey se houding het onmiddellik verander. Toe hy later daarop terugkyk, het hy erken dat hy ‘n waardevolle les daaruit geleer het: Probeer om te verstaan voordat….0+ jy vereis om verstaan te word. Soms doen die mense wat ons irriteer en seermaak dit omdat hulle self in pyn is. Hulle het kwessies waarvan ons nie weet nie. Dit verg dat jy verder as hulle woorde en aksies moet kyk en hulle harte moet probeer raaksien. Die Bybel spreek dit aan: ‘Raak saam met alle ander slegte dinge ontslae van alle bitterheid, woede, wraak, geskel en gevloek. Wees eerder vriendelik met mekaar. Gee vir mekaar om. Vergewe mekaar soos God julle vergewe het op grond van wat Christus gedoen het’ (verse 31-32 NLV. As jy al ooit iesegrimmig teenoor diegene saam met wie jy woon en werk was, is die woord vir jou vandag – oefen om goedgesind te wees.
19 Feb 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min