Woord vir Vandag - 18 Feb 2025

Loading player...
“…is aan my ‘n doring in die vlees gegee…” 2 Korintiërs 12:7 NLV
Almal het ‘n doring (1)
Paulus skryf: ‘…Daarom, sodat ek nie hoogmoedig moet word nie, is aan my ‘n doring in die vlees gegee, ‘n boodskapper van Satan om my te kasty. Drie maal het ek die Here gesmeek dat dit my moet verlaat. Hy het egter vir my gesê: ‘My genade is genoeg vir jou, want my krag kom juis in swakheid tot volle verwesenliking.’ Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede spog sodat die krag van Christus voortdurend deur my kan werk… want wanneer ek swak is, juis dán is ek sterk’ (verse 7-10 NLV). Paulus se geloof was so sterk dat wanneer hy gebid het, is die siekes genees en die dooies het opgestaan. Tog het hy herhaaldelik tot God gebid om die doring in sy vlees te verwyder, maar God het nee gesê. Hoekom? Om hom nederig en heeltemal afhanklik van God te hou. Ons weet nie wat die doring in Paulus se vlees was nie, maar ons weet hoekom hy dit gehad het: ‘…sodat ek nie hoogmoedig moet word nie…’ (vers 7 NLV), Wanneer God jou ryklik seën, kom die risiko van trots daarmee saam, wat vir God ‘n diskwalifikasie is. As jy al ooit ‘n splinter in jou vinger gehad het, weet jy dat dit met pyn pols en jou konstant irriteer. Kan jy daarmee lewe? Ja. Sal jy eerder nie wil nie? Ja. Let op wat Paulus sê: ‘‘n doring in die vlees [is aan my] gegee.’ Nie net sien hy sy doring as iets wat sy genade ontwikkel nie, maar as ‘n gawe wat twee dinge doen: 1) Ons keer om hoogmoedig te word en ons meer afhanklik van God maak. 2) Ons meer verdraagsaam en genadig maak, omdat almal ‘n doring het.
17 Feb 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min